Agriculture
Landbounuus-podcast: Kestell-moorde – Verdagtes weer in hof─── ELSABÉ RICHARD 13:49 Mon, 20 Feb 2023

Twee verdagtes wat tereg staan vir die moord op sewe mense op die plaas Lismore buite Kestell, verskyn vandeesweek weer in die hof.
Kamohelo Motankisi en Lerato Selepe is in Julie 2022 in hegtenis geneem ná die ontdekking van die liggame van ses vroue en een jong man deur die plaaseienaar Alheit Smith. Hulle staan tereg op 12 aanklagte, onder meer moord en roof met verswarende omstandighede.
Die aanhou van vee op plase deur plaasbewoners is tans 'n omstrede kwessie. Regskenner Hans-Jurie Moolman sê die vergunning om vee aan te hou, is nie ‘n reg in die titelakte nie. Moolman raai aan dat die aard en omvang van die ooreenkoms behoorlik uitgeklaar word.
Produsente en inwoners van nedersettings en dorpe aan die Benede-Vaal- en Benede-Oranjerivier moet dit oorweeg om te verskuif na hoër gebiede. Die woordvoerder van Departement van Water en Sanitasie Wisane Mavasa sê damsluise strompop moes die naweek oopgemaak word weens gedurige swaar neerslae.
In ‘n Loodsprojek in Columbië met fiansiering deur die Wêreldbank, is bevind grondbestuurstegnieke, in kombinasie met die implementering van ‘n tropiese grasspesie, kan die grond se koolstof-opgaar-vermoë met meer as 15% verbeter. Die Rooivleisprodusenteorganisasieb berig wetenskaplikes verwelkom dié bevindings maar maan biosekuriteit-aanwysers moet ook gemeet word om die verbeterde weivelde met natuurlike graslande te vergelyk.
EN
Landbougemeenskappe kan vandeesweek uitsien na die 43ste aflewering van die VKB Bieliemieliefees, van 23 tot 26 Februarie op Reitz in die Oos-Vrystaat. VKB se PG Strauss sê hulle is geweldig dankbaar om betrokke te wees.