On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Michael
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Agriculture

Goeie mededinging heers tydens wolveiling

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 03 Mar 2023

Goeie mededinging heers tydens wolveiling | News Article
FOTO deur Ksenia Chernaya: https://www.pexels.com/photo/knitted-sheep-on-a-sweater-5807044/

Die 2022/23-wolseisoen het die afgelope week plaasgevind met 'n aanbieding van meer as 11 500 bale.

Sien onderstaande PODCAST

Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2,8% vir nie-RWS en 2,1% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R174,88/kg en R187,28/kg, onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 2 942 bale aangebied, waarvan 99,29% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R228,10/kg, is behaal vir ‘n 3 baal lot BH van 16.8 mikron, uit die skeersel vanuit HC Smith van die Smithfield-distrik.

“Die koper was Standard Wool,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is vir 8 Maart geskeduleer.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.