On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Alle kategorieë ervaar afwaartse druk op 23ste wolveiling

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 10 Mar 2023

Alle kategorieë ervaar afwaartse druk op 23ste wolveiling | News Article
FOTO: Lukas (https://www.pexels.com/photo/beige-fur-317333/)

Alle mikronkategorieë het tydens vandeesweek se wolveiling afwaartse druk ervaar.

Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,8% vir nie-RWS en 1,2% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R171,80/kg en R185,09/kg, onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 2 133 bale aangebied, waarvan 94,89% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R195/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 16.4 mikron, uit die skeersel vanuit Konki Farm Trust, vanuit die Stutterheim-distrik.

“Die koper was Standard Wool,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is vir 15 Maart geskeduleer.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.