Agriculture
Landbounuus-podcast: Vleisinflasie versnel steeds─── ELSABÉ RICHARD 15:19 Wed, 22 Mar 2023
Vleisinflasie versnel steeds en het 11,4% in Februarie bereik, vergeleke met 11,2% in Januarie.
Statistieke SA het Woensdag die jaarlikse verbruikersinflasie bekend gemaak. Vleisinflasie is die hoogste sedert Februarie 2018. Melk, eiers en kaas het in Februarie 12,3% meer gekos as 'n jaar vantevore.
Die landelike veiligheid-strategie se sukses sal afhang van gemeenskaps-betrokkenheid, is een van die punte wat uitgelig is op 'n aanlyn vergadering van die parlementêre komitee oor polisie. Boerderygemeenskappe én politieke partye het reeds meermale gevra die strategie moet toegepas word om misdaad op plase te voorkom. Die polisie se Susan Pienaar sê dit werp vrugte af waar dit reeds ingevoer is.
Intussen moet misdaadvoorkomingsoperasies uitgevoer word in boerderygemeenskappe waar veediefstal toeneem. Vrystaat Landbou se Jane Buys, sê aangemelde sake moet in detail ontleed word sodat wit of bloulig-operasies en ander optredes op die regte tydstip uitgevoer word.
Vanjaar se brandseisoen kan veel langer duur as verlede jaar se 5 maande. Vrystaatse Sambreel-brandbeskermings-vereniging se Johan Breytenbach sê twee mense het verlede jaar hul lewe verloor. Grondeienaars moet vroegtydig voorsorg tref.
EN
Die belangrikheid van byeboere word vandeesweek bespreek op die Apimondia simposium in Durban. Minister van Landbou, Thoko Didiza, het tydens haar toespraak belowe die departement sal aandag gee aan uitdagings in die byebedryf. Sy sê dis belangrik dat kennis en vaardighede oorgedra word.
