On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Oesvooruitsigte in Noordwes lyk steeds uitstekend

───   ELSABÉ RICHARD 15:37 Wed, 29 Mar 2023

Landbounuus-podcast: Oesvooruitsigte in Noordwes lyk steeds uitstekend  | News Article
FOTO: Jahoo Clouseau (https://www.pexels.com/photo/two-green-farming-equipment-on-hays-575102/)

Oesvooruitsigte in Noordwes is steeds uitstekend ondanks swak reënvalverspreiding.

NWK landbousisteme en -projekte bestuurder Martiens du Plessis raam die potensiaal is sowat 80 tot  90% van verlede jaar se oes. Hy sê verspreide reënval is dringend nodig om gewasse se agteruitgang te stuit. Hy sê mieliekoppe trek terug weens droë toestande, daarom is pitgewig betekenisvol laer.

Die Minister van Water en Sanitasie sal na verwagting Donderdag 'n projek in Kathu oorhandig vir die vervanging van 75 km se waterpypleiding. Woordvoerder Wisane Mavasa sê die R1,7 miljard projek sal ook boere bevoordeel.  

Nederlandse boere het die strate ingevaar om te betoog teen die regering se plan om tot 3 000 plase te onteien, deur vrywillige of gedwonge aankope. Die aanlyn publikasie APLF berig Nederland moet stikstofvrystellings verminder nadat hy die EU se perk oortree het. 

Die Reserwebank se verwagte verhoging van 25 basispunte in die repokoers Donderdag, sal nog 'n slag wees vir reeds sukkelende produsente. Dit het 'n uitwerking op hul winsmarges, hul vermoë om skuld te delg en produksie uit te brei. 

EN

Vanjaar se Bloemskou begin oor minder as 'n maand. Die 140 jaar oue skou is een van net twee in Suid-Afrika wat landbou-, vermaak- en handelsaktiwiteite  suksesvol kombineer. 

OFM-nuus





@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.