On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Suid-Afrika ervaar groot kakkerlakplaag

───   ELSABÉ RICHARD 14:25 Mon, 24 Apr 2023

Landbounuus-podcast: Suid-Afrika ervaar groot kakkerlakplaag | News Article
FOTO: Erik Karits/Pexels.

Suid-Afrika gaan gebuk onder 'n groot kakkerlakplaag.

CropLife SA se Gerhard Verdoorn sê die nat en vogtige somer het gelei tot 'n byna pandemiese uitbreking van kokkertotte. Verdoorn waarsku teen die gebruik van ongeregistreerde plaagdoders.

Drie mans sou Maandag in die Klerksdorpse landdroshof verskyn nadat 'n Nyl-krokodil gesteel is by 'n krokodilplaas in Hartebeesfontein. Volgens Noordwes-polisie is inligting ontvang wat hulle na 'n verlate plaashuis gelei het waar die 2,5m lange reptiel, ter waarde van R25 000, versteek gevind is onder boomtakke. Die verdagtes is in hegtenis geneem en die krokodil terugbesorg aan sy regmatige eienaar.

Boere en ander rolspelers in die pluimveewaardeketting ervaar 'n verlies of maak net-net wins weens voortslepende kragonderbrekings. ABSA-landbouhoof Hamlet Hlomendlini, sê verbruikers sal binnekort ook hierdeur geraak word. Selfs die mees bekostigbare proteïenbron kan 'n luukse word. Astral Foods se Chris Schutte het vroeër met OFM-nuus hieroor gepraat.

Suid-Afrika se verhoudinge met sy buurlande is belangrik vir die uitvoer van landbouprodukte. Die Landbousakekamer van Suid-Afrika se Wandile Sihlobo, sê Afrika bly die grootste uitvoermark vir Suid-Afrika se landbou met rekord uitvoer in 2022 van 12,8 miljard Amerikaanse dollar.

EN 

Met toenemende hongerg en voedselprysinflasie wat in groot dele van die wêreld die hoogte inskiet, is kollektiewe optrede nodig om kort en langtermyn globale voedselsekerheidsdoelwitte te bereik. Die Voedsel- en Landbou-organisasie se QU Dongyu het op die G7 Ministers van Landbouvergadering gesê samewerking is nodig van alle lande om hierdie uitdagings die hoof te bied. Suid-Afrika is nie na vanjaar se G7-beraad in Japan genooi nie.

OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.