Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 08:36 Fri, 16 Jun 2023
FOTO: Zachary Vessels/Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die Amerikaanse mieliemark was bestendig tot sag terwyl handelaars probeer het om die jongste weervoorspelling te balanseer teen problematiese vraagpatrone.
- Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het tussen 1,2% en 1,6% gestyg.
- Die witmieliekontrak het vir Junie ’23 R48/ton sterker verhandel vir die dag om teen R3 647/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie '23 het R52/ton sterker verhandel teen R3 669/ton.
- Die geelmieliekontrak vir Junie ’23 het verhandel teen R3 701/ton, R51/ton sterker. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie ’23 het teen R3 740/ton verhandel, R49/ton sterker.
Sojabone:
- Die Amerikaanse sojaboonmark het matig laer geskuif na 'n rondte tegniese verkope en winsneming. Die res van die sojakompleks is gemeng. Sojameel-termynkontrakte het met byna 2% getuimel terwyl soja-olie met 0,75% verstewig het.
- Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het aan die positiewe kant verhandel in Donderdag se sessie.
- Die sojaboon Junie ’23-kontrak het R47/ton sterker verhandel teen R7 695/ton. Die sojaboon Julie ’23-kontrak het R36/ton sterker verhandel teen R7 740/ton. Die sojaboon Desember ’23-kontrak het teen R8 100/ton, R29/ton sterker verhandel.
Koring:
- Die Amerikaanse koringmark het deur 'n onstuimige sessie gedruk om met matige verliese te skik ná 'n rondte tegniese verkope. Moskou-amptenare dreig weer om nie verdere verlenging van die Swartsee-ooreenkoms toe te laat nie, wat andersins in die middel van Julie sal verstryk.
- Plaaslik: Die plaaslike koringmark het in kontras met mielies en sojabone verhandel om die dag aan die negatiewe kant te sluit.
- Die koring Junie ’23-kontrak het teen R6 555/ton verhandel, R95/ton swakker
- Die koring Julie ’23-kontrak het teen R6 484/ton verhandel, R12/ton swakker.
