On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Agri SA vergader met regering oor voorgestelde regulasies vir waterlisensies

───   ELSABÉ RICHARD 15:00 Mon, 19 Jun 2023

Landbounuus: Agri SA vergader met regering oor voorgestelde regulasies vir waterlisensies | News Article
FOTO: Any Lane/Pexels.

Agri SA het met die departement van water en sanitasie beraadslaag om die voorgestelde regulasies te bespreek oor watergebruik lisensie-aansoeke en -wysigings.

Sien onderstaande PODCAST

Die organisasie sê die departement het sy voorneme duidelik gemaak dat die bepalings oor swart Suid-Afrikaanse aandeelhouding beperk sal word tot nuwe aansoeke. Agri SA het gevra dat die konsepregulasies moet ooreenstem met ander sektorspesifieke strategieë om Suid-Afrika se voedselsekerheid te beskerm.

Kommer neem toe oor die impak van infrastruktuurskade op plase as gevolg van vloede in die Wes-Kaap. Die provinsiale Minister van Landbou, Ivan Meyer, versoek boere om ekstra versigtig te wees vir plae en siektes wat deur hoë voginhoud en temperature ná swaar reën veroorsaak kan word.

Intussen toon die Vrystaat se waterberging 'n effense afname sedert verlede week. Die Departement van Water en Sanitasie sê die Rustfonteindam staan op 100,2%, 'n geringe daling teenoor verlede week se 101%. Terwyl die Welbedachtdam nou 92% vol is vergeleke met 100%. Die departement vra mense moet water spaarsaam gebruik.

Suid-Afrika se president het tydens sy vredesending na Rusland en Oekraïne versoek dat die oorlog beëindig word aangesien dit 'n rimpeleffek het op onder meer die landbousektor. Cyril Ramaphosa sê produsente moet baie meer opdok vir noodsaaklikhede om voedsel te produseer.

EN 

Minimum temperature kan Dinsdag tot benede minus 5 grade daal weens verwagte sneeu oor die Drakensberge, en self oor Noord- een Oos-Kaapse berge. 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.