Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 23 Jun 2023
FOTO: Matt Jerome Connor/Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste verhandelingsmaand het opwaarts verhandel met 4,26% sedert die vorige verhandelingsdag.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Donderdag met opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak het vir lewering in Junie 2023 met R36/ton (+0,93%) geklim en teen R3 910/ton gesluit.
- Die plaaslike nabymaand geel mieliekontrak het vir lewering in Junie 2023 met R58/ton (+1,47%) geklim en teen R4 010/ton gesluit.
- Plaaslike pryse volg tans die opwaartse verhandelingstendens van die CBOT-kontrakte. Marksentiment is egter tans gefokus op die weerstoestande in die VSA. As gunstige weer voorspel sou word, kan markte afwaartse druk ervaar.
- Durban hawe is tans ongeveer vier weke agterstallig en skepe staan in ‘n ry vir invoer en uitvoer.

Mieliepryse: 22 Junie 2023/Graan SA
Sojabone:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste verhandelingsmaand het opwaarts verhandel met 2,53% sedert die vorige verhandelingsdag.
- Die VSA sojaboon-scenario is baie dieselfde as vir mielies, markte reageer tans op die lae toestand gradering wat Dinsdag deur die USDA vrygestel is. Markte hou ook die Amerikaanse weervoorspelling fyn dop vir enige aanduiding van reën.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdag met opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Junie 2023 met R21/ton (+0,26%) geklim en teen R8 105/ton gesluit.
- Sprake van uitvoer skepe uit Oos-London is besig om op te tel. Die vooruitsigte tans is dat sojabone vanaf September in grootmaat uitgevoer gaan word.

Sojaboonpryse: 22 Junie 2023/Graan SA
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het opwaarts verhandel met 5,6% sedert die vorige verhandelingsdag, ná die algemene opwaartse neiging van mielies en sojabone.
- In vergelyking met die USDA-toestande-gradering vir mielies en sojabone, is Amerikaanse lentekoring effens gunstiger.
- Tog steeds laer as die toestand van die vorige seisoen. Markte plaas tans ook 'n fokus op die produksietoestande in die EU. Die EU is tans in die middel van die seisoen met vanjaar se koringoes, met sommige gebiede wat droogte ervaar.
- Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met opwaartse tendense verhandel. Die Junie 2023 koringkontrak het met R31/ton (+0,47%) geklim en op R6 705/ton gesluit.

Koringpryse: 22 Junie 2023/Graan SA
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
