Agriculture
'Ramaphosa se opmerkings oor militante, rewolusionêre aksie onverantwoordelik'─── ELSABÉ DE JAGER 09:04 Thu, 13 Jul 2023
Om jeugdiges aan te moedig tot militante aksie, is uiters onverantwoordelik.
Dit is die reaksie van TLU SA op dié onlangse uitlating van President Cyril Ramaphosa aan jong Suid-Afrikaners tydens die afgelope Nasionale Konferensie van die ANC Jeugliga.
TLU SA hoofbestuurder Bennie van Zyl sê hierdie uitlating is bloot ’n poging om politieke steun voor die verkiesing te wen.
’n Skrywe is deur TLU SA aan die president gerig waarin die onverantwoordelikheid van sy opmerkings beklemtoon word. Ook die Jongboerkomitee het hom in ’n ope brief herinner aan die verskil tussen ’n goeie leier en ’n politikus wat enigiets sal doen om guns en mag te wen.
