Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 17 Jul 2023
FOTO: Tim Mossholder/Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend aansienlik hoër geklim met byna 8%.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Vrydag met skerp opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Julie 2023 het met R149/ton (+4,4%) geklim en teen R3 536/ton gesluit. Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Julie 2023 met R156/ton (+4,5%) geklim en teen R3 599/ton gesluit.
- Verlede week is altesaam 101 021ton mielies uitgevoer. Witmielie-uitvoer het altesaam 10 167 ton beloop, meestal na Botswana (50%) en Kenia (27%).
- Daar is ook vir die eerste keer witmielies na Ghana uitgevoer.
- Slegs 13% van die geprojekteerde uitvoere vir die bemarkingsjaar is uitgevoer. As ons agt weke vorentoe kyk, is daar geen projeksies vir diepsee-vaartuie nie. Witmielie-uitvoer moet pas optel om aan die geprojekteerde uitvoere vir die seisoen te voldoen.
- Per week moet 18 662 ton uitgevoer word. Geelmielie-uitvoer het altesaam 90 854 ton beloop, meestal na Japan (68%). Totale geelmielie-uitvoere vir die seisoen is tans 734 041 ton, dit is 36% van die geprojekteerde uitvoere vir die 2023/24-bemarkingsjaar.
- Tot einde Julie sal sewe uitvoervaartuie (+/- 165 000 ton) na verwagting uitgevoer word. Vir Augustus maand sal nog nege vaartuie (+/- 225 000 ton) na verwagting uitgevoer word.
Sojaboon:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Vrydagoggend met 1,9% gestyg.
- VSA sojaboonpryse het ondersteuning gevind ná 'n rondte van tegniese aankope Donderdag. Dit volg nadat markdeelnemers twyfel uitgespreek het oor hierdie seisoen se ware produksiepotensiaal.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydag met 'n skerp opwaartse tendens verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2023 met R167/ton (+2,01%) geklim en teen R8 480/ton gesluit.
- Vir die 2023/2024 bemarkingseisoen is 176 266 ton sojabone uitgevoer, meestal na Maleisië (65%), Thailand (19%) en Viëtnam (15%). Gesprekke neem toe oor uitvoerbesendings deur Oos-Londen en die Maputu-hawe.
- Die meerderheid sojabone moet egter nog vanaf September uitgevoer word.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend 1% hoër verhandel.
- Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2023 met R112/ton (+1,70%) geklim en teen R6 700/ton gesluit. Die September 2023 kontrak het met R8/ton geklim en gesluit teen R6 120/ton.
- Vir die week geëindig 7 Julie, is 60 736 ton koring ingevoer, meestal na Australië (69%). Die huidige koringinvoertempo is beter as die vorige seisoene en in ooreenstemming met die vyfjaargemiddelde.
- Invoerbesendings is vertraag, veral in die Durbanse hawe weens 'n oorlaaide reeks en reën.
- Vir die huidige seisoen het ons 213 968 ton koring uitgevoer, meestal na buurlande.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
