Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 24 Jul 2023
FOTO: Maria Pop/Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die Amerikaanse mieliemarkpryse het ondersteuning verloor in Donderdag se sessie. Pryse skuif Donderdag 1,25% tot 1,5% laer weens winsneming.
- Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het ondersteuning verloor in Vrydag se sessie.
- Die witmieliekontrak het vir Julie 2023 R6/ton swakker verhandel vir die dag om teen R3 772/ton te sluit. Witmielies vir lewering in September 2023 het R20/ton swakker verhandel teen R3 822/ton.
- Die geelmieliekontrak vir Julie 2023 het verhandel teen R3 785/ton, R30/ton swakker. Die geelmieliekontrak het vir lewering in September 2023 het teen R3 870/ton verhandel, R30/ton swakker.
Sojabone:
- Die Amerikaanse sojaboonmarkpryse was gemeng ná 'n rondte ongelyke tegniese verhandeling Donderdag.
- Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het gemeng maar meestal negatief verhandel in Vrydag se sessie.
- Die sojaboon Julie 2023-kontrak het R10/ton sterker verhandel teen R8 739/ton. Die sojaboon September 2023-kontrak het R30/ton swakker verhandel teen R8 825/ton. Die sojaboon Desember 2023-kontrak het teen R9 037/ton, R32/ton swakker verhandel.
Koring:
- Die Amerikaanse koringmark het Donderdag voortgegaan om positiewe voorwaartse momentum te vind, aangesien handelaars voortgaan om die jongste geopolitieke onrus in die Swartsee-streek te monitor.
- Plaaslik: Die plaaslike koringmark het gemeng maar meestal negatief verhandel in Vrydag se sessie.
- Die koring Julie 2023-kontrak het teen R6 785/ton verhandel, R32/ton sterker. Die koring September 2023-kontrak het teen R6 559/ton verhandel, R69/ton sterker.
