On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: DA versoek ondersoek na beweerde SAPD-wangedrag by Verkeerdevlei

───   ELSABÉ RICHARD 14:20 Tue, 08 Aug 2023

Landbounuus: DA versoek ondersoek na beweerde SAPD-wangedrag by Verkeerdevlei | News Article
FOTO: Vrystaat DA-leier, Roy Jankielsohn/Facebook.

Vrystaatse polisie voer dikwels 'n tekort aan personeel en voertuie aan as rede waarom hulle nie landelike misdaad kan bestry nie.

Die DA in die provinsie wonder hoe wetstoespassers dan groot getalle polisievoertuie en -personeel bymekaar kon kry om twee vroue einde Julie in Verkeerdevlei in hegtenis te neem. 

Die suksesvolle aansoek om skadevergoeding deur boere van die Verkeerdevlei-distrik, is een van moontlik vele wat ‘n geweldige finansiële las kan plaas op die Masilonyana-munisipaliteit. Hoewel die plaaslike VF Plus die uitspraak ten gunste van boere en hofbevel van skadevergoeding van R11 miljoen verwelkom, kon dit voorkom gewees het as die munisipaliteit basiese elektrieseveiligheidsprosedures gevolg het. VF Plus-raadslid Willem Potgieter sê die munisipaliteit is nou R18 miljoen armer aangesien regskoste ook betaal moet word.

Veediefstal bly 'n uitdaging vir boere in die distrikte Clocolan en Ficksburg aan die grens van Lesotho. Dit was een van die kwessies wat uitgelig is tydens ActionSA se beleidsrondetafel onder leiding van landboukundiges. Landbou-gemeenskapverteenwoordiger Johan Dreyer meen meer moet gedoen word om misdaad op die platteland te bekamp.

Die SA Rietkwekersvereniging verwelkom die toekenning van R60 miljoen in transformasie-intervensie-finansiering om swart en kleinskaalse produsente te help deur die Suid-Afrikaanse Suikervereniging. Dié geld is noodsaaklik om die suikerbedryf te herstel. Die vereniging sê die fondse ondersteun kwesbare produsente te midde van uitdagings, soos die Tongaat Hulett sakereddingsituasie, wat noodsaaklike bystand bied vir hul volhoubaarheid in 'n veeleisende ekonomiese klimaat.

EN Buitengewone lae mopane-wurmopbrengste is aangeteken aan die einde van vanjaar se reënseisoen in Zimbabwe. 'n Verslag deur die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling dui op min handel in dié proteïenryke wurms – 'n belangrike bron van inkomste gedurende die droë seisoen. Sterk bewyse dui egter daarop dat insekbevolkings wêreldwyd afneem. Baie insekspesies se verspreiding verander weens klimaatsverandering.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.