Agriculture
Landbounuus: Dringende optrede nodig ná plaasaanvalle in Mpumalanga─── ELSABÉ RICHARD 14:25 Fri, 11 Aug 2023
Nóg ‘n aanval op 'n kleinhoewe in Mpumalanga laat gevaarligte flikker.
Die VF Plus sê dis duidelik dat dié provinsie ’n teiken is vir plaasaanvallers. ’n Bejaarde vrou, die 75-jarige Adele Kimble, is Dinsdagaand oorval en wreed aangerand in haar kleinhoewe-woning op die Uitkykpad in die Mbombela-plaaslike munisipaliteit. Dié aanval volg skaars twee weke na die plaasmoord van Theo Bekker en die aanranding van sy vrou op hul plaas in die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit.
China is oop is vir vleisuitvoer uit Suid-Afrika. Die department van Landbou sê dis te danke aan sy voortdurende pogings om uitvoermarkte te verseker vir die land se groeiende landbousektor. Minister Thoko Didiza het tydens die eerste Agri-sakeberaad by Liebenbergstroom in die Vrystaat gesê die bemagtiging van vroue in landbou, sowel as die belangrikheid van samewerking om innovering te bevorder, is slegs enkele kwessies waaraan haar departement aandag wil skenk.
'n Niegeringsorganisasie meen plaaswerkers kan nie op die minimun loon oorleef nie. Die naasionale minimun loon is vanaf Maart vanjaar R25,42 per uur. Women on Farms se Carmen Louw sê volgens hul navorsing sukkel vroue wat op plase werk om hul gesin te onderhou, veral noudat Suid-Afrikaners gebuk gaan onder steeds stygende voedselpryse.
Gevalle van Afrika-varkpes in die Oos-Kaap noop die provinsiale regering om 'n beroep op boere te doen om die verspreiding van die virus te voorkom. Die Oos-Kaapse landboudepartement het berigte ontvang van uitbrekings in verskillende dele van die provinsie.
EN
Dis nog te vroeg om alle winterklere weg te pak aangesien lae temperature weer vanaf 20 Augustus sal kop uitsteek. Onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg, sê dele van Sentraal-Suid-Afrika het die laaste tyd aangename dagtemperature ervaar, terwyl die kwik nog snags redelik ver gedaal het met ryp wat plek-plek voorgekom het.
