Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 15 Aug 2023
FOTO: Magdalena Krekels/Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys het sedert die naweek verhandel teen ‘n sterk afwaartse tendens van ongeveer 1,82% laer as die vorige verhandelingsdag.
- Die WASDE-verslag wat Vrydagaand vrygestel is het aangedui dat hierdie maand se 2023/24 Amerikaanse mielievooruitsigte is vir verminderde voorrade, laer binnelandse gebruik, kleiner uitvoere en strenger eindvoorrade.
- Vooruitsigte vir wêreldwye mielieproduksie is ook afwaarts aangepas, tesame met ‘n afwaartse aanpassing vir wêreldeindvoorraad en uitvoere.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Maandag met algemen afwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Augustus 2023 het met R32/ton (-0,88%) gedaal en teen R3 590/ton gesluit.
- Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Augustus 2023 met R29/ton (-0,80%) gedaal en teen R3 605/ton gesluit.
Sojabone:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys het sedert die naweek verhandel teen ‘n effense afwaartse tendens van ongeveer 0,76% laer as die vorige verhandelingsdag.
- Uit die nuutste WASDE-verslag: Amerikaanse sojaboonaanbod en -gebruikveranderings vir 2023/24 sluit hoër beginvoorraad en laer produksie en uitvoere in.
- Vooruitsigte vir wêreldwye sojaboonproduksie is ook afwaarts aangepas, tesame met ‘n afwaartse aanpassing vir wêreldeindvoorraad en uitvoere.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag met effense opwaartse tendens verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Augustus 2023 met R24/ton (+0,26%) geklim en teen R9 111/ton gesluit.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys het sedert die naweek verhandel teen ‘n effense afwaartse tendens van ongeveer 1,73% laer as die vorige verhandelingsdag.
- Uit die nuutste WASDE-verslag is globale koringvooruitsigte vir 2023/24 aangepas vir verminderde voorrade, laer verbruik, verminderde handel en laer aandele.
- Voorrade sal na verwagting met 4,3 miljoen ton afneem tot 1 061,7 miljoen soos verminder produksie vir die EU, China en Kanada word slegs gedeeltelik geneutraliseer deur verhogings vir Oekraïne en Kasakstan.
- Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met sterk afwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike koringmark het vir lewering in Augustus 2023 met R80/ton (-1,19%) gedaal en teen R6 650/ton gesluit.
- Die September 2023-kontrak het met R63/ton gedaal en gesluit teen R6 650/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
