Agriculture
Landbounuus: Phala Phala weer in die kollig─── ELSABÉ RICHARD 14:00 Tue, 22 Aug 2023

Die verslag en die bevindinge van die SA Reserwebank oor die gebeure op die president se wildplaas Phala Phala, laat meer vrae ontstaan as wat dit antwoorde bied.
Volgens die Reserwebank kon geen bewyse gevind word van ’n transaksie met die aankoop van buffels nie, en daarom is geen valutabeheerregulasie oortree nie. VF Plus-leier, Pieter Groenewald, sê dit dien as bewys dat die valuta op ’n onwettige wys op die plaas beland het. Hy sê die feit dat valuta op die plaas versteek was, is nog nooit betwyfel nie.
Lewendehawe- en pluimveebedrywe is minder optimisties aangesien hulle steeds gebuk gaan onder hoër voerkoste en uitbrekings van dieresiektes. Die Landboubesigheidskamer van Suid-Afrika se Wandile Sihlobo, sê hulle het in Julie in gesprek getree met sektorrolspelers in verskeie streke. Hy sê die terugvoer van die tuinbou- en wynbedryf het egter bemoedigend gebly, aangesien verskeie belanghebbendes groei- en uitbreidingsvooruitsigte voorspel in die komende jare.
Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde het die Bloemfonteiner prof. H.O. de Waal met ’n goue medalje vereer vir sy bydra tot Suid-Afrikaanse diereproduksie. Erkenning is aan De Waal gegee vir onder andere sy wetenskaplike kennis op verskeie werksvlakke wat strek van toegepaste dierevoeding tot wildvoeding, veldbestuur en strategieë vir droogteverligting.
Stapelvoedselpryse bly styg en plaas druk op produkte soos avokado's. Vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar, het aartappels 77% hoër verhandel, met wortels wat 6% hoër verhandel het. Farmer's Weekly berig koue weer en beurtkrag is die hoofredes vir prysstygings. Data toon dat voedselpryse op 'n jaargrondslag met 11% gestyg het, met stapelvoedsel soos groente, brood, suiker en suiwel wat die grootste stygings getoon het.
EN
Openbare verhore oor die wysigingswetsontwerp op veld- en bosbrande is in Noordwes gehou. Die Voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing en Toerisme, Landbou en Landelike Ontwikkeling, Bitsa Lenkopane, sê die wetsontwerp poog om die Nasionale Veld- en Bosbrandwet van 1998 te wysig, en dat meer munisipaliteite en ander staatsorgane wat grond besit, by die brandbeskermingsverenigings sal aansluit.