Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 28 Aug 2023
FOTO: Pixabay via Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Die kommoditeitsafgeleide-afdeling van die JSE het met Vrydagoggend se verhandelingssessie weer tegniese probleme ondervind.
Verhandeling het vir ‘n kort tyd gestop. Die verhadelingsdag is egter verleng om die daaglikse verhandelingsperiode te behou, en dus het die mark later as gewoonlik gesluit.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys het sedert Vrydag verhandel teen ‘n effense afwaartse tendens van ongeveer 0,84% laer as die vorige verhandelingsdag.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Vrydag met ‘n effense afwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in September met R5/ton (-0,14%) gedaal en teen R3 607/ton gesluit. Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in September 2023 met R8/ton (-0,22%) gedaal en teen R3 625/ton gesluit.
- Diepsee-uitvoerskepe word vir volgende week geprojekteer, en nog twee vaartuie word vir middel September geprojekteer.
- Witmielie-uitvoere het 'n nuwe mark in Maleisië gevind.
- Tot einde Augustus sal twee uitvoervaartuie (+/- 111 000 ton) na verwagting uitgevoer word. Vir die maand September, word nog twee vaartuie (+/- 118 000 ton) na verwagting uitgevoer. Na September droog diepsee geelmielie-uitvoere op.
Sojaboon:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys het sedert Vrydag verhandel teen ‘n effense opwaartse tendens van ongeveer 0,46% hoër as die vorige verhandelingsdag.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydag met skerp opwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2023 met R100/ton (+1,06%) geklim en teen R9 503/ton gesluit.
- Die Maart 2024-kontrak het met R92/ton geklim en teen R9 605/ton.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys het sedert Vrydag verhandel teen ‘n opwaartse tendens van ongeveer 1,37% laer as die vorige verhandelingsdag.
- Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met gemengde tendense verhandel.
- Die plaaslike koringmark het vir lewering in September 2023 met R7/ton (+0,11%) geklim en teen R6 520/ton gesluit.
- Die Desember 2023-kontrak het met R55/ton gedaal en gesluit teen R6 286/ton.
- ‘n Groot vrag Russiese koring het in die week van 14 Augustus ingekom. Die invoer tempo is tans bo die 5-jaar gemiddelde tempo.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
