On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Boer soek ’n vrou: Sentraal-Suid-Afrika se boere aangemoedig om in te skryf

───   ELSABÉ RICHARD 14:45 Wed, 30 Aug 2023

Boer soek ’n vrou: Sentraal-Suid-Afrika se boere aangemoedig om in te skryf  | News Article
Boer soek ’n vrou-aanbieder, Marciel Hopkins. Foto verskaf

Boer soek ’n vrou, kykNET se geliefde realiteitsreeks, het die harte van Suid-Afrikaners verower.

Met bykans twee dekades se suksesverhale agter die rug, is dit duidelik dat hierdie program ’n geheime resep vir liefde het. 

Sedert die aanvang in 2007 het tientalle boere reeds die liefde van hul lewe ontmoet en tot die hartland se liefdesverhale bygedra.

Nóú is inskrywings oop vir enkellopende Sentraal-Suid-Afrikaanse boere om ook hul wederhelfte op dié program te ontmoet.

Marciel Hopkins, die vrolike aanbieder van Boer soek ’n vrou, deel haar opgewondenheid oor die program se sukses en die opkomende 16de seisoen. “Ek is elke jaar van vooraf opgewonde oor al die nuwe mense wat ek gaan ontmoet, die mooi plekke van ons land wat ek sal sien en natuurlik ook die pragtige liefdesverhale wat geskryf gaan word.

“Die afgelope 15 seisoene het reeds bewys hoe mense se lewens wesenlik kan verander wanneer hulle die regte persoon vind om die lewe vorentoe mee aan te pak.

Boer soek 'n vrou is ’n wonderlike platform waardeur jy nuwe mense kan ontmoet en leer ken. Ek sal enigiemand aanmoedig om braaf te wees en in te skryf vir hul kans op liefde.

“Vir my lê die sukses van die reeks deels daarin dat daar genoeg tyd is vir deelnemers om mekaar beter te leer ken. Dit help wanneer belangrike toekomsbesluite geneem word,” sê Hopkins.  

Marciel Hopkins hou ’n bokkie vas op ’n episode van “Boer soek 'n vrou”. Foto verskaf

Hopkins moedig selfs skaam boere aan, en dié wat glo dat hulle nie ’n TV-persoonlikheid het nie, om in te skryf, want “jy't niks om te verloor nie”!

Inskrywings sluit voor middernag op 7 September. Boere kan kyknet.tv besoek vir meer besonderhede en om in te skryf vir die gewilde reeks.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.