On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: LUR besoek brandgeteisterde plase in Noordwes

───   ELSABÉ RICHARD 15:39 Wed, 06 Sep 2023

Landbounuus: LUR besoek brandgeteisterde plase in Noordwes | News Article
Foto verskaf deur Eric Stoch van die Noordwes-sambreelbeskermingsvereniging.

Die LUR vir Landbou in Noordwes het verskeie plase besoek wat deur veldbrande geraak is in die Dr Ruth Segomotsi Mompati-distrik.

Bosrand Plaas naby Lykso het  byna 90% van sy weiveld verloor. Desbo Mohono sê haar departement beplan om in die komende weke ook na boere uit te reik in ander geaffekteerde munisipaliteite  om die skade te bepaal wat deur die veldbrande aangerig is. Mohono moedig intussen geaffekteerde boere aan om die departement in kennis te stel as hulle deur  die brande geraak is.

LUR Desbo Mohono en die departementshoof Thupi Mokhatla tydens 'n besoek op 'n plaas wat deur veldbrande in die Dr Ruth Segomotsi Mompati-distriksmunisipaliteit geraak is.

Agri SA is bekommerd oor die verwoestende impak van veldbrande in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap. Meer as 400 000 hektaar veld is geraak, wat gelei het  tot die verlies van weiding en vee soos skape, beeste en wild. Agri SA sê noodreaksiepogings is nodig om boere met voer by te staan, omdat die impak van  veldbrande steed duur lank nadat die brand geblus is. Die organisasie vra die publiek se hulp om verligting te bied aan geaffekteerde gemeenskappe wat daagliks  hard werk om voedselsekerheid te waarborg vir alle Suid-Afrikaners.

'n Inisiatief deur die Free Market Foundation, Rule of Law Project, het voorleggings in die Appèlhof in Bloemfontein gedoen oor die EFF se ‘Kill the  Boer’-dreunsang. Die hof het Maandag 'n appèl aangehoor deur AfriForum teen 'n skokuitspraak deur die Gelykheidshof, wat tot die gevolgtrekking gekom het dat  die EFF en Malema nie skuldig is aan haatspraak nie. Die stigting se beleidshoof, Martin van Staden, sê hulle het as 'n vriend van die hof in die saak aan die  stryd getree, in 'n poging om op te staan vir gelykheid voor die gereg.

Graanpryse toon 'n styging weens die verswakte wisselkoers. AMT-besturende direkteur, Johnny van der Merwe, sê die wisselkoers, tesame met hoër oliepryse, het  brandtofpryse laat styg, wat weer eens die insetkoste vir graanprodusente negatief sal beïnvloed.

EN

Gewas- en kleinveeboere word gewaarsku van kommerwekkende koueweer wat lei tot ryp oor dele van die Vrystaat en die Benede Oranjerivier. Onafhanklike  landbouweerkundige, Johan van den Berg, sê die koue is veral nadelig vir blomme wat al begin bot.

OFM Nuus














@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.