On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Agriculture

Volstruisbedryf bekommerd oor uitbreking van voëlgriep

───   ELSABÉ RICHARD 14:00 Thu, 28 Sep 2023

 Volstruisbedryf bekommerd oor uitbreking van voëlgriep | News Article
Foto deur RDNE Stock project/Pexels.

’n Uitbreking van voëlgriep in 2004 het boere genoop om duisende volstruise te slag, met sporadiese uitbrake sederdien weens besmette wilde voëls.

Die hoë voorkoms van voëlgriep onder wilde voëls en kommersiële lêhenne en braaikuikens, is ‘n bron van kommer vir die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf.

Dr. Adriaan Olivier, bedryfsveearts by die Suid-Afrikrikaanse Volstruissakekamer, sê indien die virus onder volstruise versprei, sal dit tot uitvoerprobleme lei.

Die volstruisbedryf is uitvoer-gefokus en vere-, vleis- en leerprodukte is gewild. 

“Olivier verduidelik dat omdat die volstruise vrylopend is, word hulle van tyd-tot-tyd blootgestel aan besmette wilde voëls.”

“Vanaf 2021 is daar ‘n variant wat wêreldwyd geweldig probleme veroorsaak en endemies geword het onder wilde voëls.”

Olivier sê die vrees is dat sou dié variant onder die wilde voëls voorkom, die pluimveebedryf ook natuurlik weer daaraan blootgestel kan word wanneer dié voëls migreer na die Kaap se kant toe.

Pluimveebedryf teken nóg positiewe gevalle aan

Die Departement van Landbou sê Suid-Afrika het te doen met 'n aantal hoogs patogene uitbrekings van voëlgriep (HPAI) H5- en H7. Tot 21 September 2023, is 50 HPAI H7-uitbrekings en tien HPAI H5-uitbrekings aangemeld.

Reggie Ngcobo, departementele woordvoerder, sê twee H5-uitbrekings is in Noordwes en een in die Vrystaat aangemeld. Gauteng is die swaarste getref met 37 uitbrekings. 

Wat H7 betref is die Wes-Kaap die ergste getref.

Namibië verbied lewendige pluimvee-invoer van Suid-Afrika

eNCA berig Namibië het die invoer van lewende pluimvee, voëls en pluimveeprodukte uit Suid-Afrika met onmiddellike effek opgeskort.

Meeste hoenderprodukte word plaaslik verbruik, sê Izaak Breitenbach, die hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se Braaikuikenorganisasie.  Hy sê slegs 1% tot 2% van pluimveeprodukte word dan uitgevoer.

Entstowwe

Die landboudepartement sê 'n ooreenkoms is bereik dat die registrasie van entstowwe bespoedig moet word. Dit volg ná 'n vergadering met entstofregistrasiereguleerders.

Ngcobo verseker dat die veiligheid, doeltreffendheid en gehalte van entstowwe nie benadeel sal word nie. 

Pluimveeprodusente word versoek om die staatsveearts in kennis te stel indien enige voëlgriep-simptome by hul hoenders voorkom.

OFM Nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.