On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Nampo Alfa: ‘Interraskampioenskap is baie gesond vir bedryf’

───   09:16 Tue, 03 Oct 2023

Nampo Alfa: ‘Interraskampioenskap is baie gesond vir bedryf’ | News Article
Venus, die spogkoei van die River Valley Simmentalerstoet naby Heidelberg in Gauteng. By haar is Anthony, Michael, Peter en Lucille Abrahamse en haar hanteerder, Lovemore Sibande. Foto: Estelle Sinkins/The Witness

" 'n Stoetkoei moet baie, baie vroulik wees, en dit is wat Venus is.”

“Nampo Alfa se interraskampioenskap is ’n baie goeie inisiatief en gesond vir die bedryf. ’n Bietjie gesonde kompetisie is mos ’n goeie ding.”

Só praat Peter Abrahamse, eienaar van die River Valley Simmentalerstoetery buite Heidelberg in Gauteng. Die stoetery se spogkoei, Venus, is genooi om eersdaags aan Nampo Alfa se interraskompetisie in Bothaville deel te neem.

“Venus is ’n baie mooi koei,” sê Abrahamse. “Sy is struktureel korrek, met 'n goeie wig en uier. 'n Stoetkoei moet baie, baie vroulik wees, en dit is wat Venus is.”

Venus het in Junie vanjaar die goue trofee as die opperste kampioen-vleiskoei op die Royal-landbouvereniging se skou in Pietermaritzburg verower.  “Sy is in 2018 gebore en is nog ’n redelike jong koei. Sy het al vier keer gekalf, waaronder twee stelle tweelinge. Sy is ’n buitengewoon vrugbare koei.”

Die Nampo Alfa-lewendehawe-, jag en buitelewe-ekspo vind van 12 tot 14 Oktober by Nampopark buite Bothaville plaas. Een van die hoogtepunte is die internasionale interraskampioenskap wat vir die eerste keer sedert 2019 weer ter plaatse gehou word.

Koeie en bulle van agt van die beste vleisbeestelers in die land ding mee vir die titel van nasionale interraskampioen. Hulle is gekies nadat hulle as kampioene by Suid-Afrika se grootste landbouskoue, naamlik Hertzogville, Bloemskou, Vryburg, Nampo, Royal-skou, Thabazimbi, Ellisras, Ermelo, Noord-Gauteng, George, Moorreesburg, Parys en Standerton, aangewys is.

OFM Nuus/Christine van der Westhuizen


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.