On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Veediefstal het in geweldsmisdaad ontaard

───   ELSABÉ RICHARD 14:00 Wed, 18 Oct 2023

Landbounuus: Veediefstal het in geweldsmisdaad ontaard | News Article
FOTO: Pixabay via Pexels.

Veediefstal is nie meer uitsluitlik 'n eiendomsverwante misdaad nie, dit het ontaard in 'n geweldsmisdaad deur georganiseerde groeperings en sindikate.

Veediewe skroom nie om geweld te gebruik wanneer hulle gekonfronteer óf in konflik-situasies geplaas word nie.

Intussen sê die VF Plus in die Vrystaat veediefstal moet in ‘n ernstige lig beskou word en veral die wreedheid wat gepaardgaan met veediewe se werkswyses. Dié sentiment kom nadat ‘n boer in die Wesselsbron-omgewing van sy beeste van kant moes maak toe hulle ernstig deur veediewe beseer is.

Die varkbedryf herstel goed ná ‘n uitbreking van Afrika-varkpes in dele van Suid-Afrika. Die pluimveebedryf se stryd teen voëlgriep, sowel as die afgelope tyd se veldbrande wat tot lewendehawe verliese gelei het, gee die varkbedryf 'n hupstoot.

Berigte oor siek en beseerde visse in die Vaalrivier, en veral in die Deneysville-omgewing, wek kommer. Verskeie rolspelers is reeds betrokke by ’n ondersoek rakende dié verhoogde voorkoms. 'n Besorgde lid van die publiek wat die data-insamelingsproses oor dié verskynsel koördineer, André Pietersen, vra hengelaars wat siek of beseerde visse teëkom moet hulle laat weet presies waar hulle dié visse gevang het.

Alle inligting rakende siek of beseerde visse moet gestuur word aan Pietersen by 079 971 0728.

EN

Veeartse en veeartsenykundige verpleegkundiges is eindelik weer geplaas op die land se lys kritieke vaardighede. Dié herinstelling het begin Oktober in werking getree, die eerste keer sedert Feruarie verlede jaar. Farmer’s Weekly berig die Veeartsenykundige Raad het vroeër vanjaar kommer uitgespreek oor die groot aantal veeartse wat die land verlaat. Dit het daartoe gelei dat Suid-Afrika deur 'n ernstige tekort aan vaardighede in die gesig gestaar word in 'n beroep wat lewensbelangrik is om dieregesondheid te verseker, asook  voedselveiligheid en -sekuriteit.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.