On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

NOK-vooruitsigte vir stewige somergewas-oes in 2023/24-seisoen

───   ELSABÉ RICHARD 13:15 Mon, 06 Nov 2023

NOK-vooruitsigte vir stewige somergewas-oes in 2023/24-seisoen | News Article
Foto deur RDNE Stock project/Pexels.

"Die data wat deur die Oesskattingskomitee (NOK) uitgereik is, het ons positiewe siening herbevestig."

Hoewel die El Niño-verskynsel sterk aan die ontwikkel is, is landbou-ekonome oor die algemeen optimisties oor Suid-Afrika se 2023/24-somergraan- en oliesadeproduksieseisoen.

Die uitstekende grondvog van die afgelope reënseisoene en vooruitsigte vir reënval regdeur 2023, het baie in die landbousektor oortuig dat daar nog ordentlike somergraan- en oliesaadaanplantings kan wees.

"Boere landwyd sê dat hulle steeds die [hul gewone] somergraan- en oliesadegebied sal aanplant.

"Die data wat deur die Oesskattingskomitee (NOK) uitgereik is, het ons positiewe siening herbevestig. 

"Die NOK dui aan dat Suid-Afrikaanse boere van voorneme is om 'n oppervlak van 4,47 miljoen hektaar somergraan en oliesade in die 2023/24-seisoen te plant – 2% hoër op 'n jaargrondslag," sê Wandile Sihlobo, hoofekonoom by die Landbousakekamer van SA. 

Voorneme om te plant: Wit- en geelmielies

Voorneme om te plant: sonneblomsaad

Voorneme om te plant: sojabone

OFM Nuus/Elsabé Richard-May   daphné/corne

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.