On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Volhoubare Merino oorheers tydens 12de wolveiling

───   ELSABÉ RICHARD 15:22 Fri, 10 Nov 2023

Volhoubare Merino oorheers tydens 12de wolveiling | News Article
Foto deur Ahmed Akacha/Pexels.

Die volgende wolveiling is vir 15 November geskeduleer waar sowat 9 991 bale aangebied sal word.

Die twaalfde veiling van die 2023/24-wolseisoen het vandeesweek plaasgevind met 8 587 bale, nadat 1 147 voor die verkoping onttrek is.

Volgens Cape Wools SA het die aanbieding oorwegend bestaan uit goeie lengte, fyn mikronwol, met 56% van die Merino-aanbod wat as volhoubaar gesertifiseer is.

Juan Venter, OVK-junior wolwaardeerder, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 0,9% vir nie-RWS en 1,3% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling en op 'n skoonprys van R145,79/kg en R162,06/kg onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 2 191 bale aangebied waarvan 93,98% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R159,10/kg (skoonprys R210,78/kg), is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 16.6 mikron uit die skeersel van JANAR Boerdery van die Trompsburg-distrik. Die koper was Stucken SA,” sê Venter.

Kontak OVK om jou by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is vir 15 November geskeduleer waar sowat 9 991 bale aangebied sal word.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May Corné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.