On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Beurtkrag, voëlgriep lei tot verliese van miljoene rande vir pluimveeprodusent

───   ELSABÉ RICHARD 14:04 Tue, 21 Nov 2023

Landbounuus: Beurtkrag, voëlgriep lei tot verliese van miljoene rande vir pluimveeprodusent | News Article
Foto deur Pixabay via Pexels.

Braaikuiken-slaggetalle het ook gedurende hierdie tydperk afgeneem met meer as 15%, aangesien produksiebesnoeiings geïmplementeer is om die agterstand in verwerkingsvolumes uit te wis.

  • Suid-Afrika se grootste geïntegreerde pluimveeprodusent het aansienlike finansiële verliese gely weens beurtkrag en voëlgriep. Astral Foods meld in sy finansiële verslag vir die jaar geëindig 30 September kapitaalbesteding van amper R400 miljoen, waaronder sowat R170 miljoen vir nooddieselopwekkers en waterbergingsuitgawes. Braaikuiken-slaggetalle het ook gedurende hierdie tydperk afgeneem met meer as 15%, aangesien produksiebesnoeiings geïmplementeer is om die agterstand in verwerkingsvolumes uit te wis.
  • ’n Plaaswerker sal na verwagting binnekort in ’n Noord-Kaapse hof verskyn nadat hy glo sonpanele gesteel het ter waarde van R8 000. Sy inhegtenisname kom toe ’n landelike veiligheidslid by Upington opgevolg het op ’n klag van diefstal. Polisiewoordvoerder, Omphile Masegela.
  • Graan SA het ’n nuwe hoof uitvoerende beampte aangestel ná die uittrede van Pieter Taljaard. Tobias Doyer neem die leisels oor in Januarie. Taljaard het in Julie aangekondig dat hy en sy gesin besluit het om na Kanada te verhuis.
  • Noordwes sal na verwagting vroeë reënval ervaar tesame met buitengewone warm, winderige en droë dae, weens die El Nino-verskynsel. Dit kan lei tot 'n ongekende middel- en laatsomerbrande. Die Noordwes Sambreel Brandbeskermingsvereniging se Eric Stoch sê die Weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik vir hittegolf-toestande van 20 tot 26 November.

    EN

  • Brasilië ondervind probleme met die aanplant van sojaboongewasse. Mato Grosso, wat in die Sentraal-Wes-streek van Brasilië geleë is, is 95% klaar geplant en sal dalk tot 20% van die streek moet herplant. Die afwagting van verspreide buie volgende week bied verligting, maar vertraagde aanplanting kan opbrengste in daardie gebiede beïnvloed. Daarteenoor geniet Argentinië gunstige groeitoestande, wat uitstaan as die streek met die mees gunstige omgewing vir gewasontwikkeling in Suid-Amerika. 

OFM Nuus/Elsabé Richard-May Corné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.