On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

TLUSA bedank boere vir hul bydrae in 2023

───   05:00 Mon, 11 Dec 2023

TLUSA bedank boere vir hul bydrae in 2023 | News Article

“Ons sit vandag met die gevolge van ‘n beleidsomgewing wat in Suid-Afrika vir ons nie op een goeie plek geplaas het nie, en daaroor moet ons eerlik wees met mekaar.”

Bennie van Zyl, TLU SA hoofbestuurder, meen in 2023 is baie uitdagings ervaar en lesse geleer.

“Ons sit met infrastruktuur wat in duie stort, met baie swak prosesse rondom hawe, dienslewering, spoorweë wat nie funksioneer nie, ons wil nie eens praat oor die energieverskaffing nie, wat vir vele landbou eenhede, een groot doodskoot beteken in terme van hul winsgewendheid.”

Van Zyl maan egter dat al hierdie uitdagings nie produsente moet mismoedig maak nie.  

“Ten spyte van hierdie aspekte sê ons vandag dankie vir elke boer. Boere wat hulle kop hoog hou. Dit nastreef om winsgewend te wees.

“Wat werklikwaar ‘n konstuktiewe bydrae maak, nie net die landelike gemeenskap te laat leef nie, maar by implikasie die hele land, want vat die kos van die tafels af, dan sal daar baie gou anargie losbars.

“Ons sê dankie vir elke kommersiële boer wat volhard het, vasstaan in geloof. Dit is die fondament van landbou.

OFM Agri  CG

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.