On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Moenie 2023 net op prys in landbousektor oordeel nie

───   08:51 Tue, 19 Dec 2023

Moenie 2023 net op prys in landbousektor oordeel nie | News Article
Foto: Shutterstock

Pryse in die landbousektor, veral in die rooivleisbedryf, het mense in 2023 bietjie mismoedig gehad.

Prof. Frikkie Maré, landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrytaat, sê hoewel pryse vinnig nuus maak, is dit nie enigste faktor wat inkomste en winsgewendheid bepaal nie.

“Op primêre produksievlak was die afgelope jaar ons eintlik redelik goedgesind met goeie reënval en goeie oeste. As prys ook daar was, sou ons ’n uitsonderlike jaar beleef het.”

Maré sê daar was ’n aantal faktore buite produsente se beheer wat vanjaar “sleg” laat verloop het. “Verbruikers wat nie geld gehad het nie, beurtkrag, en hawens wat nie ons uitvoerprodukte kon uitvat nie.”

Hy verwag nie veel verandering in 2024 nie. “Ons moet hoop dat hierdie faktore in die volgende jaar gaan verbeter, dat rentekoerse gaan afkom, dat die ekonomie weer gaan groei en die verbruiker meer geld in sy sak gaan hê om so pryse op plaasvlak verder te kan opdruk.”

Maré bly egter positief oor volgende jaar en dat dinge gaan begin verander. “Ons gaan in ’n jaar in met ’n algemene verkiesing en dit gee ook ’n bietjie hoop.”  

OFM Agri dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.