On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Senwes: Bly by die plan vir volgehoue sukses

───   05:00 Thu, 21 Dec 2023

Senwes: Bly by die plan vir volgehoue sukses | News Article

"’n Mens moet ’n baie goed uiteengesette strategie hê om al hierdie uitdagings aan te pak."

OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, het by Senwesgroep se uitvoerende hoof, Francois Strydom, gehoor wat uitdagend, asook positief was in 2023.

Hy meen daar is agt uitdagings wat elke Suid-Afrikaner ook ervaar, nie net die landbousektor nie:

  • Geopolitiese konflik – Strydom noem dat benewens die oorlog in Oekraïne en Gasa daar in 2023 selfs meer as 20 000 sulke geopolitiese konfliksituasies was.
  • Klimaatstoestande – Toestande is uitermatig of baie nat of baie droog.
  • Sosiopolitiese omstandighede – Daar is toenemend misdadige en geweldadige gedrag wat operasionele bedrywighede kortwiek.
  • Vervaardigingskapsiteit – Ons moet al meer produkte invoer omdat ons dit nie self kan bybring om te vervaardig nie.
  • Beurtkrag – almal ervaar die gevolge van ’n gebrek aan elektrisiteit.
  • Gebrekkige dienslewering – watertoevoer, sanitasie, paaie en dies meer is nie op standaard nie.
  • Hoër rentekoerse – die verbruiker kry swaar en sy gebrek aan besteding dryf ook die ekonomie.
  • Misdadigheid op plaaslike regeringsvlak – mens sien ook hier tendense soos staatskaping.

Strydom sê ’n mens moet ’n baie goed uiteengesette strategie hê om al hierdie uitdagings aan te pak. “In September 2010 het ons op grond van analise uitgevind wie ons is en wat ons behoort te doen. En ons bly daarby; ons verander nie.”

Hy beskryf Senwes as ’n rolspeler in die middel van die waardeketting met klante aan weerskante. “Ons bly by ons rol. Ons gaan nie met die ketting af en probeer allerhande nywerhede aan die voor of agterkant bysit nie. Ons help en versterk die klante aan beide kante eerder.”

Die Senwes Groep se tussentydse finansiële resultate vir die ses maande tot 31 Oktober 2023, toon ‘n omset van R7 902 miljoen. Die  wins ná belasting toeskryfbaar aan aandeelhouers van die maatskappy beloop R525 miljoen, en genormaliseerde wesensverdienste van 301,6 sent per aandeel is verklaar. 

Die finansiële uitkomste volg op ‘n behoorlik deurdagte strategie wat volhoubaar uitgevoer word. Die mitigasie van risiko, soos die onlangse verkryging van ‘n vierde John Deere-agentskap in Oos-Duitsland, is ‘n voorbeeld hiervan.

OFM Agri dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.