On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Vooruitsigte wys opwaartse tendens in mieliepryse

───   05:00 Wed, 20 Dec 2023

Vooruitsigte wys opwaartse tendens in mieliepryse  | News Article
Foto: Getty Images

Die internasionale mieliemark lewer steeds nie goeie vraag nie, wat gevolglik tot sywaartse pryse in die plaaslike mark gelei het. Daar is egter goeie nuus vir die toekoms.

Dr. Johnny van der Merwe, landbou-ekonoom aan die Noordwes Universiteit en uitvoerende direkteur van AMT, deel Safex-nuus en beskryf die vooruitsigte vir plaaslike pryse.

Goeie reën sal egter tot meer sekerheid lei vir die plaaslike oeste en ons kan  ‘n meer afwaartse neiging verwag. Plaaslik lyk die geelmielie –en sojaoeste meestal goed, veral as daar na die oostelike produksieareas gekyk word. 

Meeste ontleders verwag dat die wêreldvraag volgende jaar sal herstel en pryse sal kan ondersteun.

Die koring 'spotprys' het ook gestyg tot R5 880. In Amerika het koringpryse ook gestyg weens die onlangse aankope en invoer vanaf China.  Plaaslik behoort pryse ook in ‘n opwaartse tendens te beweeg.

Sorghum-invoergehaltepryse het gestyg tot R6534/per ton, en graad een lusernpryse het in die laaste week tot R3 000 per ton gedaal.

OFM Agri dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.