On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Agriculture

Droogte, hitte benadeel soja-oes

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Wed, 20 Mar 2024

Droogte, hitte benadeel soja-oes | News Article
Gemengde verwagtinge ontstaan vir vanjaar se soja-oes. Foto: iStock

Terwyl produsente opbrengste tussen 1,3 ton en 1,4 ton per hektaar kon lewer, het ander gesukkel om selfs naby aan hierdie syfers te kom.

Met die oog op die sojaboonoes, ’n kritieke gewas vir produsente in die Vrystaat en Noordwes, is daar gemengde reaksie op vanjaar se oesverwagting, ná wydverpreide droogte- en hitte toetstande.

“Tussen Januarie en Februarie het die meeste boere verwag om opbrengste van sowat twee-en-’n-half ton per hektaar te behaal. Onlangse oeste vertel egter ’n ander storie,” sê Jaco Breytenbach, boer in die Fouriesburg-distrik.

Terwyl produsente oeste tussen 1,3 ton en 1,4 ton per hektaar kon lewer, het ander gesukkel om selfs naby aan hierdie syfers te kom. Die droë weerstoestande, veral ná ’n onverwagse nat seisoen, het ’n groot uitdaging vir boere geskep. Die gebrek aan reën en die onverwagte hitte het die groei van die gewasse ontwrig en die opbrengste geweldig geknou.

Die invloed van hierdie droogte is nie beperk tot net sojabone nie. Ander gewasse soos mielies ly ook skade. “Sommige boere het nie eens koppe op hul mielies gesien nie, terwyl ander besig is om te oorweeg hoe om die minste opbrengste te benut,” sê Breytenbach.

Vir boere wat afhanklik is van hierdie oeste vir hul lewensbestan en besigheidsonkoste, is die situasie veral ontmoedigend. Daar word gevrees dat baie boere moontlik nie hul insetkoste sal kan dek nie, wat ’n potensiële invloed op die plaaslike landbou-ekonomie kan hê.

Terselfdertyd word daar hoop gevestig op moontlike reën aan die einde van die week om ’n bietjie verligting te bring.

OFM/Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.