On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Vergoedingsfondse en loonopgawes: Sien vereistes

───   ROBYN SCHUTTE 04:00 Tue, 23 Apr 2024

Vergoedingsfondse en loonopgawes: Sien vereistes  | News Article
Die direkteur-generaal van die departement van indiensneming het in Februarie 2024 bekend gemaak dat besighede vanaf 1 April 2024 verplig is om hulle loonopgawes in te dien by die Vergoedingsfonds. FOTO: Shutterstock

Produsente het die opsie om aansoek te doen om die rekening in maandelikse paaiemente af te betaal indien hulle nie dadelik die volle bedrag kan bekostig nie.

Die direkteur-generaal van die departement van indiensneming het in Februarie 2024 bekend gemaak dat besighede vanaf 1 April 2024 verplig is om hulle loonopgawes in te dien by die Vergoedingsfonds.

Work Accident Support, ’n maatskappy wat spesialiseer in die administrasie van werksbeserings en produsente in die landboubedryf ondersteun, se stigter Stephan Pietersen benadruk dat hierdie proses van kritieke belang is vir alle besighede, insluitend produsente. Die loonopgawes word gebruik om te bepaal watter bedrag jaarliks deur die produsent aan die fonds betaal moet word om werkers se risiko’s te dek.

Produsente moet hul loonopgawes indien vir die tydperk vanaf 1 Maart 2023 tot en met 28 Februarie 2024. Hierdie inligting is noodsaaklik vir die berekening van die versekeringsbedrag wat die produsent moet betaal.

Die Vergoedingsfonds het die mag om self ’n vooruitskatting van die loonopgawes te doen indien ’n produsent versuim om dit voor die sperdatum in te dien. Daarbenewens sal ’n boete van 10% gehef word op laat of nie-ingediende loonopgawes.

Die tariewe wat deur produsente betaalbaar is, word bepaal deur die spesifieke subklas waartoe die boerdery behoort. Hierdie tariewe wissel volgens die aard van die boerdery.

Produsente het die opsie om aansoek te doen om die rekening in maandelikse paaiemente af te betaal indien hulle nie dadelik die volle bedrag kan bekostig nie. Dit moet egter voor die sperdatum by die Vergoedingsfonds aangevra word om ’n boete te vermy.

Hierdie vereistes is deel van ’n wetlike raamwerk wat daarop gemik is om die veiligheid en welsyn van werkers in die landboubedryf te verseker en dit is krities vir produsente om volledig aan hierdie regulasies te voldoen om onnodige strafmaatreëls te vermy.

OFM/Agriculture cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.