Agriculture
Charl Saunderson 'praat ’n bietjie' beoordelaar in Mexiko─── 06:00 Thu, 02 May 2024

’n Bekende stem op die OFM Agri Uur en bekroonde dorperteler het onlangs ook oorsee sy stempel afgedruk.
Charl Saunderson van die Nooitgedacht Dorperstoet naby Kenhart in die Noord-Kaap het onlangs dorper- en witdorper-kompetisies beoordeel by die lewende hawe ekspo van die San Marcos nasionale skou wat in Aguascalientes, Mexiko, aangebied is.
Die dorper is nie net in Suid-Afrika vir produsente van groot belang nie, maar kry ook soveel aftrek in Mexiko dat dit binne twee dekades sedert bekendstelling reeds die tweede gewildste ras is om mee te boer.
Charl Saunderson in aksie tydens die beoordeling. Foto: Facebook
Saunderson het met Juan Salas van die nasionale skaap unie gesels, wat meen om toegang tot Suid-Afrikaanse beoordeelaars te hê, beslis ’n aanwins vir die bedryf is.
En terug tuis het Saunderson se kudde aan hul eie kompetisie deelgeneem by die Bloemskou.
Nooitgedact se dorpers by die Bloemskou. Foto: Facebook
OFM Agri cg/eb