On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Vleispryse: Rekordhoogtes moontlik teen Junie

───   12:28 Wed, 30 Apr 2025

Vleispryse: Rekordhoogtes moontlik teen Junie | News Article
Foto: Getty Images

Markte bly onseker en sterk beïnvloed deur seisoenale, plaaslike en internasionale faktore. Die komende maande sal krities wees in die bepaling van of pryse hul opwaartse momentum kan volhou, of onder druk sal kom weens veranderende vraag en aanbod.

Volgens Johnny van der Merwe, AMT-ontleder, toon vleispryse tans gemengde neigings namate seisoenale faktore, plaaslike aanbod en internasionale invloede saamwerk om markte te beïnvloed.

Speenkalfpryse het die afgelope week effens gedaal met die nasionale gemiddelde prys vir kalwers tussen 200 kg en 250 kg, nou op R36,86 per kilogram. Direkte verkope is ook laer teen R37,47/kg, hoewel pryse steeds sowat 14% hoër is as dieselfde tyd verlede jaar.

Ligter kalwers daal na R37,40/kg, terwyl swaarder kalwers effens versterk tot R36,43/kg. Wildkalwers het gestyg na R38,02, met verse-kalwers wat gemiddeld op R34,16 verhandel. Provinsiale pryse wissel, met die Vrystaat se gemiddelde op R37,65 en die Noord-Kaap op R35,85.

Die A2/3 bees karkasprys het tot R65,82/kg gestyg, maar die C-graadprys daal na R49,47/kg. Volgens markkenners kan speenkalfpryse tradisioneel verder daal in Mei en Junie weens groter aanbod, maar goeie graanproduksie en reënval kan aanbod beperk – ook uit Botswana en Namibië.

Tog waarsku die bedryf dat hoë slagpryse reeds kleinhandelpryse laat styg het, wat die verbruikersvraag kan benadeel. Indien vraag verswak, kan dit weer druk op slagpryse plaas – ’n sirkel wat moontlik net gebreek kan word as kleinhandelpryse betyds aanpas.

Lam- en skaapmark in seisoenale opwaartse siklus

Lampryse het die afgelope week gemiddeld met 2% gedaal. Stoorlamme verhandel nou teen R44,62/kg, en slaglamme teen R44,41/kg. In die Vrystaat is pryse laer op R43,11, terwyl die Wes-Kaap steeds hoër verhandel teen R46,85/kg. Die A2/3 skaapkarkasprys daal na R101,37/kg, maar C2/3 pryse het tot R66,23 gestyg.

Seisoenaal word verwag dat pryse tot einde Junie sal styg as gevolg van laer aanbod, en rekordpryse bly dus moontlik vir die winter.

Hoender-, vark- en bokpryse wys stabiliteit

Die hoendermark is stabiel, met gevriesde pryse op R34,79/kg, vars hoender op R37,28/kg, en IQF-pryse op R33,96/kg. Hoër bees- en skaappryse kan egter ekstra vraag na hoender en vark genereer.

Spekvarkpryse handhaaf R32,63/kg, terwyl vleisvark effens daal na R32,70. Worsvarkpryse het gestyg na R25,53/kg.

Grootbokpryse het gestyg na R35,84/kg, maar kleinbokke daal na R49,42/kg. Maer bokke styg na R55,66/kg, terwyl bokooie daal na R40,78/kg. Die Islamitiese fees Kbani, vanaf einde Mei tot middel Junie, behoort vraag en pryse vir bokke verder op te stoot.

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.