On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Oesskatting: Mielie-oes selfs hoër, sonneblom af

───   15:50 Tue, 29 Jul 2025

Oesskatting: Mielie-oes selfs hoër, sonneblom af | News Article
Foto ter illustrasie: Getty Images

Suid-Afrika se verwagte kommersiële mielie-oes vir 2025 staan nou op 15,031 miljoen ton, ’n styging van 1,68% of 247 925 ton meer as die vorige skatting, en 16,97% meer as verlede jaar. Die gemiddelde opbrengs word op 5,79 ton per hektaar geraam.

Die drie hoofproduserende provinsies – die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes – gaan na verwagting saam 81% van die oes lewer. Die witmielie-oes is nou op 7,736 miljoen ton geraam (1,14% hoër), met ’n opbrengs van 4,84 t/ha. Geelmielies se produksieskatting het met 2,25% gestyg na 7,295 miljoen ton, teen ’n opbrengs van 7,32 t/ha.

Die sojaboonoes word nou op 2,723 miljoen ton geskat – 2,82% meer as voorheen – teen ’n opbrengs van 2,37 t/ha. Droëbone en sorghum se produksieskatting het onveranderd gebly op onderskeidelik 74 299 ton en 137 970 ton.

In teenstelling hiermee het sonneblomsaad met 2,68% afgeneem tot 708 300 ton, en grondbone met 3,34% tot 61 389 ton. Sonneblom se opbrengs staan op 1,27 t/ha, terwyl grondbone op 1,28 t/ha geskat word.

Voorlopige skatting vir wintergewasse

Vir die 2025-winterseisoen is die voorlopige oppervlakteskatting vir koring op 512 500 ha gestel – 1,42% hoër as verlede seisoen. Die Wes-Kaap dra 369 000 ha by, die Vrystaat 54 000 ha en die Noord-Kaap 38 000 ha.

Die garsoppervlakte is voorlopig 95 700 ha (4,97% minder), en kanola 164 900 ha (0,51% minder). Vir hawer is 33 520 ha beplant en vir soetlupine 17 500 ha.

Die volgende opdatering van produksiesyfers vir beide somer- en wintergewasse word op 27 Augustus 2025 verwag.

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.