On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Wees paraat – toename in plaasaanvalle in Vrystaat

───   07:45 Wed, 13 Aug 2025

Wees paraat – toename in plaasaanvalle in Vrystaat  | News Article
Foto ter illustrasie: Getty Images

Vrystaat Landbou (VL) maan boere om paraat te wees en aan veiligheidsopleiding deel te neem met vyf voorvalle wat in die afgelope twee maande in Heilbron, Kestell, Smithfield, Tweeling en Warden aangemeld is.

Volgens Jakkals le Roux, voorsitter van VL se landelike veiligheidskomitee, is ’n produsent op 12 Augustus in die vroeë oggendure in Warden deur ses tot agt aanvallers oorval en aangerand. Sy voertuig is gesteel, maar later teruggevind. 

“Gelukkig was daar geen sterftes in hierdie reeks aanvalle nie, maar ons moet ons veiligheid verskerp.”

Hy doen ’n beroep op boere om by plaaslike veiligheidsplanne betrokke te raak, veiligheidskontrolelyste na te gaan en verdagte voertuie of persone onmiddellik aan veiligheidsverteenwoordigers of die polisie te rapporteer.

VL en Landelike Gemeenskapsveiligheid (LGV) bied vanaf 20 Augustus tot 23 September werkswinkels en veiligheidsopleiding aan in al die distrikte. Fase 1 tot 3 van opleiding vir boerderygemeenskappe word grootliks deur VL befonds.

“Ons kan nie 24 uur per dag oral wees nie, maar ons kan waaksaam bly en seker maak ons omgewing word dopgehou.”

OFM Agri/Johan Gunter mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.