On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Brandmerk van vee ‘belangrik as enigste bewys van eienaarskap’

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Wed, 29 Oct 2025

Brandmerk van vee ‘belangrik as enigste bewys van eienaarskap’ | News Article
Sonder behoorlike brandmerke kan vee nie opgespoor word nie. Foto: Pexel.com

Die behoorlike brandmerk van vee kan nie genoeg beklemtoon word nie, sê Brandmerk SA, ’n maatskappy wat die merk van vee makliker en moeitevry maak en alle registrasies daarvan hanteer.

“Die gevolg as vee nie behoorlik gemerk is nie, is eienaarskap kan nie bewys word nie en sodoende kan vee verloor word. Ons verskaf ook die toerusting waarmee brandmerke gedoen word,” sê HE Steyn van BrandmerkSA.

“Ons het baie stoetkliënte wat by hulle rasgenootskap ’n merk registreer; dit is baie keer saamgestel uit ’n logo of kombinasie van getalle. Jou rasgenootskap gee vir jou die merk en daarmee merk jy dan jou stoetvee.  

“Die merk stem nie altyd ooreen met die departement van landbou se registrasie-stelsel nie. Stoetkliënte kry twee merke, die merk van die rasgenootskap en die een van die landboudepartement.

“Albei merke moet gebruik word om seker te maak alles is geregistreer en jy kan jou vee dan opspoor daarmee,” sê Steyn.

Brandmerke van persone wat te sterwe gekom het, mag nie gebruik word nie; dit kan wel oorgedra word. Brandmerke kan vir grootvee gebruik word en kleinvee kry tatoeërmerke. Dieselfde merk word gebruik; die toediening verskil.

Brandmerke van persone wat te sterwe kom, kan moeitevry oorgedra word. Foto: BrandmerkSA

“BrandmerkSA kan die oordragte van brandmerke hanteer wat uit boedels oorgedra word. Die heruitreiking van sertifikate kan ook deur ons gedoen word en die hele proses word moeiteloos deur ons gehanteer.”

Nog inligting is beskikbaar op die onderneming se webtuiste.

Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.