On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Trekkerfees in Bloemfontein help erfenis bewaar

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Thu, 30 Oct 2025

Trekkerfees in Bloemfontein help erfenis bewaar | News Article
Sommige trekkers by die Trekkerfees is meer as 100 jaar oud. Foto: Isabel van Tonder

’n Klein begin as ’n saamkuier onder bome het gegroei tot die Bloemfonteinse Trekkerfees, met talle uitstallers en klubs uit alle uithoeke van die land.

“Die Suid-Afrikaanse Federasie van Trekker- en Enjinklubs (Saftec) se missie is om ou trekkers, implemente en enjins te bewaar en vir die nageslag te demonstreer dis ons erfenis,” sê Christo Pieterse, Saftec-ondervoorsitter, ná die 13de Trekkerfees wat onlangs in Bloemfontein gehou is.

“Dit is ’n terugblik op die lewe van ons voorouers. Daar is enjins van oor die 100 jaar oud.”

Jaco Wentzel, voorsitter van die Sentraal-Vrystaat-veteraneklub, vertel ander feeste en skoue word ook met die trekkers besoek. Clocolan se Plaaskultuurfees, wat jaarliks in Maart gehou word, is ’n groot hoogtepunt.


“Daar word ook ’n klubenjindag gehou, waar die publiek wat enjins restoureer, hul storie kan vertel oor die betrokke enjin. Elke enjin het ’n storie, en almal kan help om raad te gee oor die restourasie en bewaring daarvan.

“Die Trekkerfees is vir ons ’n hoogtepunt, en ons probeer om jaarliks iemand te besoek wat ’n liefde vir bewaring het om so daaroor te leer.”

Die talle stalletjies het gesorg vir ’n feestelike atmosfeer en sommige het die Groot Trek of ou tradisies uitgebeeld.

MC Heunis van Vrystaat-wapenversamelaars vertel: “Maandeliks word skietdae gehou. Ons skiet met (van) voorlaaiers tot die Bosoorlog-wapens.

MC Heunis met ’n "sanna" of vuursteengeweer.  Foto: Isabel van Tonder

“Die sanna, pangeweer of vuursteengewere kom al van Jan van Riebeeck se tyd. Dis lang gewere en het baie byname gehad, (soos) sanna of bobbejaanboud. 

“Die kolf het soos ’n bobbejaanboud gelyk, en die naam ‘sanna’ kom volgens oorlewering van ’n tante, wat in die oorlog sommer die geweer gegryp en begin skiet het toe haar man gesukkel het om dit te laai.

“Museums moet deesdae meeding met televisie en digitale opsies; so dit is beter vir die jong mense om lewende uitstallings te sien en nie dooie uitstallings in ’n kas nie,” sê Heunis. “Hulle kan voel en sien hoe dit werk; dis hoe ons belangstelling kweek in die erfenis wat ons bewaar.”

Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.