On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride James
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Bek-en-klouseer versprei steeds in Vrystaat

───   ISABEL VAN TONDER 09:11 Fri, 05 Dec 2025

Bek-en-klouseer versprei steeds in Vrystaat | News Article
Daar is tans 126 gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat. Foto: Pexel

Daar is tans 126 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer.

Daar is agt nuwe gevalle geïdentifiseer in die Frankfort, Parys/Vredefort, Viljoenskroon, Deneysville/Sasolburg, Tweeling en Clocolan gebiede, wat die totaal bevestigde gevalle vir die Vrystaat nou op 126 bring. Die departement het die inenting van beeste in die betrokke gebiede as ’n prioriteit gestel en bykomende entstowwe is bekom.    

Bewegingsbeperkings is ingestel op alle plase binne ’n 10 kilometer radius van die besmette gebiede om verdere verspreiding te voorkom.

Bek-en-klouseer neem steeds toe in die Vrystaat. Foto: Pexel

Gevalle per munisipaliteit

  • Kroonstad: 10
  • Viljoenskroon/Vredefort:47
  • Edenville: 5
  • Heilbron: 2
  • Parys/Vredefort: 20
  • Deneysville/Sasolburg: 22
  • Cornelia/Frankfort: 10
  • Tweeling: 2
  • Vrede: 1
  • Odendaalsrus: 1
  • Bothaville: 3
  • Marquard: 1
  • Clocolan:2

In ooreenstemming met Staatskoerant Nr. 51512 van 13 Junie 2025 en die Dieresiektewet (Wet 35 van 1984) doen die departement ’n beroep op alle boere, afslaers en spekulante om die beweging van gehoefde diere te beperk, streng biosekuriteitsmaatreëls te volg, enige nuwe vee vir 28 dae te isoleer, akkurate rekordhouding te hou en enige verdagte gevalle onmiddellik aan die staatsveearts te rapporteer.

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling herinner boere ook daaraan dat die beweging van diere onder kwarantyn sonder die nodige dokumentasie ’n kriminele oortreding is. Die departement vra vir volle samewerking van die veebedryf om die siekte en verspreiding te beperk en ook om enige verdagte gevalle aan te meld.

Die departement doen ’n beroep op boere en belanghebbendes om hul samewerking te gee in die bekamping en verspreiding van die siekte.

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder mvh 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.