On Now
Weekends 13:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Bek-en-klou se syfers styg steeds in Vrystaat

───   ISABEL VAN TONDER 10:12 Sat, 14 Feb 2026

Bek-en-klou se syfers styg steeds in Vrystaat | News Article
Daar is tans 344 bevestigde gevalle van BEK in die Vrystaat. Foto: Farmers Review Africa

Daar is tans 344 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat.

Minstens 53 nuwe gevalle is geïdentifiseer in Kroonstad (4), Viljoenskroon/Vredefort(9), Sasolburg/Deneysville(2), Cornelia/Frankfort/Villiers(1), Bethlehem(3), Reitz/Lindley(4), Vrede/Memel(5), Warden(4), Qwa Qwa/Harrismith(3), Bothaville(3), Marquard/Senekal(4), Edenburg(4), Bloemfontein(1) en Boshof/Bultfontein(1). 

Die departement prioritiseer die inenting van beeste in die betrokke gebiede en nog entstowwe is verkry. Bewegingsbeperkings is ingestel op alle plase binne ’n radius van 10 km om verdere verspreiding te voorkom.

Gevalle per munisipaliteit

  • Kroonstad: 17
  • Viljoenskroon/Vredefort: 61
  • Edenville: elf
  • Heilbron: agt
  • Parys/Vredefort: 49
  • Deneysville/Sasolburg: 45
  • Cornelia/Frankfort: 28
  • Tweeling: drie
  • Bethlehem: nege
  • Reitz/Lindley: 13
  • Vrede/Memel: 17
  • Warden: 12
  • Qwa Qwa/Harrismith: 15
  • Odendaalsrus/Welkom/Ventersburg: sewe
  • Bothaville: sewe
  • Marquard/Senekal: 14
  • Clocolan:18
  • Rouxville: twee
  • Edenburg: ses
  • Bloemfontein: een
  • Boshof/Bultfontein: een

In ooreenstemming met Staatskoerant Nr. 51512 van 13 Junie 2025 en die Dieresiektewet (Wet 35 van 1984) doen die departement ’n beroep op alle boere, afslaers en spekulante om die beweging van gehoefde diere te beperk.

Streng biosekuriteitsmaatreëls geld en enige nuwe vee moet vir 28 dae in afsondering gehou. Word hou rekord van alle beeste en rapporteer enige verdagte gevalle onmiddellik aan die staatsveearts. 

Dis noodsaaklik om gevalle onmiddellik aan te meld. Foto: Pexel

Gevalle van bek-en-klouseer wat nie gerapporteer word nie, is ‘n groot bekommernis vir die departement. Indien gevalle nie aangemeld word nie veroorsaak dit probleme met die beplanning van entstof vir die besmette gebiede. Dit kan lei tot te min entstof vir ‘n spesifieke gebied.

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling herinner boere ook daaraan dat die beweging van diere onder kwarantyn sonder die nodige dokumentasie ’n misdaad is. 

Die departement vra vir volle samewerking van die veebedryf om die siekte en verspreiding te beperk. 

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Agri/Isabel van Tonder dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.