On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast James
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Die bek-en-klouseer krisis verdiep in die Vrystaat

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Tue, 16 Jun 2026

Die bek-en-klouseer krisis verdiep in die Vrystaat | News Article
Die aantal bevestigde gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat is nou 620. Foto: Facebook

Bek-en-klouseer neem steeds toe in die Vrystaat. Die bevestigde gevalle staan nou reeds op 620.

Twaalf nuwe gevalle is geïdentifiseer, waaronder twee by Warden, drie by Sasolburg, een by Bloemfontein en ses by Kroonstad. Die landboudepartement stel die inenting van beeste in die betrokke gebiede as ’n prioriteit en bykomende entstowwe is bekom. 

Die departement vra landbouers moet streng biosekerheidsprotokolle handhaaf. Bewegingsbeperkings is ingestel op alle plase binne 10 km van die besmette gebiede om verspreiding te voorkom.

Kroonstad het steeds die meeste gevalle, naamlik 117, gevolg deur Hoopstad se 93, Frankfort 74, Bethlehem 67 en Sasolburg 64. In die omgewing van Ladybrand is 46 gevalle aangemeld, 43 elk by Warden en op die Goudveld, en 29 in QwaQwa.

Bewegingsbeperkings geld in gebiede waar positiewe gevalle aangeteken is. Foto: Pexels

Bultfontein het twaalf gevalle, Boshof tien, Fauresmith agt, Smithfield sewe, Bloemfontein vyf en Thaba Nchu twee.

Die skielike toename in gevalle is te wyte daaraan dat die departement nou aangemelde gevalle sowel as klinies-gediagnoseerde vee aandui.

Boere moet kennis neem dat alle aansoeke om inenting van vee tydens die eerste rondte van inenting goedgekeur sal word. Alle entstof wat deur die staat toegedien word, is gratis.

Kragtens die Staatskoerant Nr. 51512 van 13 Junie 2025 en die Dieresiektewet (Wet 35 van 1984) vra departement alle boere, afslaers en spekulante moet die beweging van gehoefde diere beperk, streng biosekerheidsmaatreëls volg, enige nuwe vee 28 dae lank afsonder, akkuraat boek hou en enige verdagte gevalle onmiddellik by die staatsveearts aanmeld.

Aansoeke word ingewag en heelwat aansoeke is ontvang. Landbouers word daaraan herinner alle aansoeke sal moontlik nie slaag met die eerste ronde van inentings en strategie nie. Aansoeke word egter aangemoedig om toekomstige hoeveelhede van die entstowwe te bepaal.

Diere wat onder kwarantyn vervoer word moet die nodige dokumentasie hê. Foto: Pexels

Gevalle van bek-en-klouseer wat nie gerapporteer word nie, is ’n groot bekommernis vir die departement. Dit veroorsaak probleme met die beplanning en uitvoering van entstof vir die besmette gebiede en kan maak dat te min entstof aan ’n spesifieke gebied toegewys word.

Samewerking

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling herinner boere ook daaraan die beweging van diere onder kwarantyn sonder die nodige dokumentasie is ’n strafregtelike oortreding. 

Die departement vra volle samewerking van die veebedryf om die siekte en verspreiding te beperk. 

OFM Agri/Isabel van Tonder dg

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.