On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Private BKS-inenting moontlik: Groot oorwinning vir landbou

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Mon, 13 Jul 2026

Private BKS-inenting moontlik: Groot oorwinning vir landbou | News Article
Die staatsmonopolie ten opsigte van BKS-inentings is gebreek. Foto: Vrystaat Landbou

‘n Skikkingsooreenkoms tussen die departement van landbou, Vrystaat Landbou, Saai en Sakeliga, breek die staatsmonopolie ten opsigte van bek-en-klouseer se inentings.

Die ontwikkeling volg op ’n  deurslaggewnde hofuitspraak vroeër vanjaar waarin die hooggeregshof in Pretoria bevestig het veeboere mag wettig geregistreerde BKS-entstowwe privaat bekom en aan hul diere toedien.

“Hierdie skikking bevestig wat ons van die begin af gestel het, naamlik dat boere deel van die oplossing moet wees. Dit verleen aan produsente die nodige reg om hul kuddes te beskerm en dra by tot groter stabiliteit in die landbousektor,” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL).

Boere moet deel van die oplossing wees in die stryd teen bek-en-klouseer. Foto: Facebook

“Dit verwyder onnodige regulatoriese struikelblokke en staatsmonopolie en maak dit vir die private sektor moontlik om ’n daadwerklike rol te speel.” 

Wilken sê die VL het deurentyd volgehou samewerking tussen die staat en die private sektor is noodsaaklik om die verspreiding van die siekte effektief te bekamp.

Die organisasie het saam met Sakeliga en Saai regsaksie ingestel om die staat se belemmering van private invoer en inentingsprogramme te beëindig en sodoende praktiese oplossings vir produsente te verseker.

VL en Willie Aucamp, minister van landbou, is dit eens die pad vorentoe moet fokus op samewerking, voldoende beskikbaarheid van entstowwe en ’n gekoördineerde, nasionale inentingstrategie.

VL bly verbind tot die beskerming van voedselsekerheid, die volhoubaarheid van die veesektor en die bevordering van praktiese, werkbare oplossings vir die breër landbougemeenskap, sê Wilken. 

OFM Agri/Isabel van Tonder dg

 • Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.