On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Wed - Plofbare situasie

───   15:43 Tue, 25 Oct 2022

Weird Wide Wed - Plofbare situasie | News Article
Photo Credit: TikTok/@polish_99

Op 'n taamlik pynlike en onnodige manier het hierdie vrou geleer om nie te vlieg ná plastiese chirurgie nie.

Mense is met afgryse gelaat nadat 'n vrou verduidelik het hoe die agterkant van haar kop in die middel van die vlug 'ontplof' het weens die lugdruk. TikTok'er Weronika (@polish_99) het aanvanklik die 20ste Oktober 'n video opgelaai waar sy 'n stut om haar kop en 'n gekneusde gesig het.

Daarby skryf sy: "POV: jy is die lugwaardin wat ek sopas moes laat weet my agterkop ontplof van die druk."

Sy het bygevoeg dat sy nog nog nie daaroor kon kom nie. Nou, voordat jy jou reisplanne gaan kanselleer, hou in gedagte dat Weronika voor die vlug 'n operasie ondergaan het – en ongelukkig het van die steke op die vliegtuig oopgebars.

Terwyl gedeeltes van die storie onthul is, het dit nie lank geneem voordat mense aannames begin maak het nie, met sommige wat die skuld op die dokter gepak het wat haar as geskik verklaar het om te mag vlieg.

LEES OOK: Weird Wide Web - Grillerigste pop kompetisie

Weronika het dit egter duidelik gemaak dat niemand skuldig is nie en skryf: "Niemand het enige fout gemaak nie, nié die oorspronklike chirurg of die lughawedokter by die hospitaal nie. Alles was reg toe ek op die vliegtuig klim. "Ek het buitengewone sagte weefsel en swel meer as die gemiddelde persoon op, wat daartoe gelei het dat sommige van die steke in een klein area op die vliegtuig oopgekom het."

Image: TikTok/@polish_99

Lees meer oor hierdie storie deur hierdie skakel te volg.



Podcasts

Weird Wide Wed - Plofbare situasie:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.