On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Die Anti-idilliese hotel

───   15:39 Thu, 27 Oct 2022

Weird Wide Web - Die Anti-idilliese hotel | News Article
The anti-idyllic suite raises awareness around socio-economic issues. Image: news24/Facebook/Atelier für Sonderaufgaben)

Om in 'n hotel te slaap is 'n luukse wat die meeste van ons wens ons kon bekostig. Dit is bedoel om baie gemaklik en fancy te wees. Maar sê nou die hotel waarin jy slaap, het nie eers mure nie?

Diegedruis van verbygaande verkeer, die glans van konstante oorhoofse beligting endie belofte van temperature onder vriespunt is wat voorlê vir gaste by Switserlandse Null Stern Hotel. Dié hotel het geen mure of dak nie en is langs 'nmotorhuis se voorhof – maar dit sal jou R6 000 per nag kos.

Volgens news24, die "anti-idilliese" suite – basies 'n dubbelbed op 'n platform langs die voorhof van 'n vulstasie in Wallis, Switserland – is die breinkind van konseptuele kunstenaars en broers Frank en Patrik Riklin en hotelier Daniel Charbonnier. Die suite, wat dien as 'n kunsinstallasie, volg op drie ander soortgelyke skeppings deur die trio in Switserland sedert 2008, insluitend in 'n ongebruikte kernbunker.

Hulnuutste suite sluit 'n butler in wat gaste 'n verwelkomingsdrankie en organiesevingeretes bedien. Vir ontbyt bedien hy 'n gebak met vrugtesap.

As die weer te onaangenaam is om te verduur, maak die bespreking voorsiening vir 'n oorplasing na 'n nabygeleë viersterhotel, Hotel des Bains de Saillon.

Die idee agter die suite, sê die trio, is om gaste uit te daag om te besin oor sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies, soos klimaatsverandering, die oorlog in die Oekraïne en die ontploffende lewenskoste.

"Ons het gevoel dis nie moontlik om net mooi dinge te wys asof alles perfek is nie. Die wêreld is steeds pragtig, maar ons leef almal deur 'n verskriklike en skrikwekkende tyd. Ons wou 'n nuwe weergawe skep wat dit insluit," het Daniel aan Newsweek gesê. 

Lees ok: Weird Wide Web - Internet-apokalips

"Die doel is nie om te slaap nie; dit is om jou wakker te hou. Om jou wakker te hou om te dink, om te besin. Om oor jouself te besin oor hoe jy eet, hoe jy reis, wat jy in die lewe wil hê, wat jy wil hê die samelewing moet wees, wat ook al. Watter onderwerp ook al vir jou saak maak." Dieinstallasie is 'n nie-winsgewende projek wat, het Daniel gesê, "ondersteunword deur die plaaslike owerhede en die burgemeester, wat die ruimte wou gee omsy streek te bevorder". Lees meer.



Podcasts

Weird Wide Web - Die Anti-idilliese hotel:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.