On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web - Die blou sones waar mense veel langer leef

───   15:11 Tue, 01 Nov 2022

Weird Wide Web - Die blou sones waar mense veel langer leef | News Article
Navorsing dui daarop dat mense wat in blou sones woon langer leef. FOTO: ipshealth.co.za

Stel jou voor dat jy die dood vir 40 jaar kul, nie danksy jou oorlewingskunsies nie maar omdat die plek wat jy jou tuiste noem, in ’n sogenaamde “blou sone” geleë is.

Volgens iph.nl is blou sones gebiede in die wêreld waar mense op ’n gesonde manier oud word, dikwels sonder chroniese siektes en verstandelike agteruitgang.

Die bestaan van hierdie sones bevestig die behoefte om breër na menslike gesondheid te kyk. Blou sones verskaf belangrike inligting oor wat ons gesond maak en ons gesond hou.

Unilaid berig oor ’n man wat die dood vir amper 40 jaar "verneuk" het bloot omdat hy in een van hierdie blou sones gewoon het. 

In 1976 is Stamatis Moraitis, ’n Griekse immigrant in Amerika, met kanker gediagnoseer en is hy vertel dat hy tussen ses en nege maande oor het om te lewe.

Hy het die hoë koste van begrafnisse in die VSA in ag geneem en besluit om eerder na die Griekse eiland Ikaria te verhuis en sy laaste dae in vrede te leef.

Ikaria is in ’n blou sone geleë en word beskryf as “die eiland waar mense vergeet om te sterf” omdat inwoners aansienlik langer as die gemiddelde lewensverwagting leef.

Stamatis was diagnosed with cancer back in 1976 and was given only 9 months to live, he died at 98. Image: unilad

Soos die tyd verbygegaan het, het Stamatis besef dat pleks daarvan om sieker te word, het hy gesonder geword en sterker gevoel. Nege maande het verbygegaan en het 40 jaar geword. Hy is eers op 98 (amptelik) of 102 (volgens hom) in 2013 oorlede.

Hy het sy gesondheid en herstel toegeskryf aan skoon lug, goeie kos en ’n stresvrye lewe op die eiland, en het ook geskerts dat “die wyn gehelp het”.

’n Artikel in die Amerikaanse Journal of Lifestyle Medicine sê studies toon dat ongeveer 20% van mense se lewensverwagting deur hul genetika bepaal word, die res hang af van die lewenstyl wat hulle kies.


Ander blou sone-liggings sluit in die Japannese eiland Okinawa, die Mediterreense eiland Sardinië, Loma Linda in Kalifornië, en Costa Rica se Nicoya-skiereiland in.

Mense wat in hierdie dele van die wêreld woon, leef statisties langer, is gesonder en minder geneig om later in hul lewe ernstige probleme op te doen. 

Lees meer oor Stamatis deur hier te kliek.



Podcasts

Weird Wide Web - Die wetenskaplike blou sone:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.