Offbeat
Weird Wide Web - SA haarkapper spog met wêreldrekord─── 15:17 Wed, 02 Nov 2022
Enrico Springfield, ’n 23-jarige haarkapper van Johannesburg, het ’n wêreldrekord opgestel deur vyf mense se hare binne net 18 minute en 57 sekondes te sny.
Suid-Afrika het nog nooit werklik die geleentheid gekry om mededingend hare te sny nie. Ons haarkappers het tot dusver net daarop gefokus om hul klante goed te laat lyk en nog beter te laat voel, met die verwagting dat daardie klante die woord aan ander mense sal versprei.
Daarom is dit ’n aangename verrassing dat ’n Suid-Afrikaanse haarkapper ’n wêreldrekord opgestel het deur vyf mense in minder as 20 minute goed te laat lyk.
Om vir die rekord te kwalifiseer, moes Enrico binne 20 minute soveel mense moontlik ’n sogenaamde fade-haarstyl, 'n styl waar die hare geleidelik van bo na onder korter geknip word, te gee.
Hy het sy vyfde haarsny op die 18 minute-, 57 sekondes-merk voltooi - die eerste haarkapper ooit om dié rekord op te stel.
Akteurs soos Will Smith en Jazzy Jeff van The Fresh Prince Of Bel-Air -faam het destyds die fade-haarstyl bekend gemaak. 
Will Smith as Will in 90's sitcom The Fresh Prince of Bel-Air. Image: elle.com
Hy het gemiddeld vier minute per kop gehad om die tegnies ingewikkelde fade te voltooi.
Hy moes ook sy tegniek aanpas aangesien hy nie ’n knipper met ’n hefboom, wat die snylengte kan bepaal, kon gebruik nie.
Ná die gejaagde haarsnysessies was Enrico stilweg vol vertroue dat hy wel die rekord opgestel het en toe dit amptelik deur die beoordelaar bevestig is, was die jong haarkapper, wat al hare sny vandat hy 13 jaar oud is, uit sy vel van vreugde.
"Ek is oorweldig. Beslis baie bly en dit is regtig goed om te weet dat ek nou officially amazing is," sê hy.

Enrico during his world record attempt. Image: Guiness Website
Lees meer oor hierdie rekord deur hier te kliek.
Weird Wide Web - SA barbier breek wêreldrekord.:
