Offbeat
Weird Wide Web: Britse egpaar reis om die wêreld - in 'n ambulans─── 15:18 Thu, 10 Nov 2022
'n Britse egpaar wat 'n ambulans vanaf eBay aangeskaf het, wil die Guinness-wêreldrekord vir die langste reis in 'n ambulans opstel en het reeds nie-amptelik daarin geslaag.
Wat wêreldrekords betref, het ons al van baie vreemde rekords gehoor en dikwels is die doel daaragter só interessant dat jy die volle storie wil weet.
Volgens upi.com het Lawrence Dodi en Rachel Nixon, wat albei veeartse is, gesê hulle was aanvanklik van plan om 'n bussie aan te skaf om die wêreld deur te reis, maar 'n ambulans wat op eBay te koop was, het in 2018 hul aandag getrek.

Lawrence Dodi & Rachel Nixon on their journey. Image: instagram/theoverlandingambulance
“Ons was op soek na ’n funksionele voertuig om mee te gaan reis en het verlief geraak op die ambulans ,” vertel Dodi aan CNN.
Die paartjie, vergesel van hul hond, Peggy Sue, het in Oktober 2021 in hul wit Land Rover Defender, wat in 'n ambulans omgebou is, vertrek met die doel om 50 lande te besoek en die Guinness-wêreldrekord vir die langste reis in 'n ambulans op te stel.
Hulle sê Guinness-regulasies vereis dat die voertuig se bakwerk soos 'n noodvoertuig moet lyk en dat die binneruim met mediese noodtoerusting toegerus moet wees - dus, dit moet 'n funksionele ambulans wees.
Die egpaar het daarin geslaag om die binnekant te herorganiseer om plek te maak vir 'n klein stoof en 'n yskas. Lees meer hier.
Weird Wide Web - Britse egpaar reis die wêreld in 'n ambulans.:
