On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: "Psigiese" alpakka voorspel glo Wêreldbeker-wenners

───   15:27 Wed, 16 Nov 2022

Weird Wide Web: "Psigiese" alpakka voorspel glo Wêreldbeker-wenners | News Article
Alfie die alpakka. FOTO: SWNS

Die Fifa-wêreldbekersokkertoernooi is om die draai en soos in vorige toernooie, is daar ’n dier wat die eindtellings “voorspel”.

In 2010 het Duitsland vir Paul die seekat gehad vir die wêreldbeker wat in Suid-Afrika gehou is, in 2014 het Brasilië Big Head die seeskilpad gehad en hierdie jaar, vir die toernooi in Qatar, het ons Alfie die alpakka. 

Jip, jy het reg gelees: 'n "heldersiende" alpakka wat sokkerliefhebbers kan vertel wie die wenners en verloorders gaan wees.

Volgens ladbible het Alfie reeds sy voorspellings vir die Wêreldbeker-groep waarin Engeland is, gewaag deur uit spesifieke trôe met landsvlae daarop te smul. 

Alfie word as "een van die slimmer alpakkas" by die Fairytale Farm in Southcombe beskryf, en die personeel het besluit om sy talente in te span om uit te vind hoe sake in Groep B gaan verloop.

Volgens Alfie sal Engeland, ondanks 'n vroeë nederlaag teen Iran,  daarin slaag om die VSA en Wallis te klop. Dit is egter nie sulke goeie nuus vir die Walliese nasionale span nie, wat vanjaar vir die eerste keer in 64 jaar aan die toernooi deelneem. 

Alfie reken wel dat Wallis sal slaag waar Engeland misluk en Iran verslaan. 

Lees meer hier.


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.