Offbeat
Weird Wide Web: Vrou verdink haar (pop)man van ontrouheid─── 15:11 Mon, 21 Nov 2022
'n 37-jarige Brasiliaanse vrou, Meirivone Rocha Moraes, sê haar huwelik hang aan 'n draadjie nadat haar man haar familie en vertroue verraai het deur haar met 'n ander vrou te verneuk. Die ding is, sy is met 'n pop getroud.
'n Artikel wat ons op ebaumsworld gevind het, beskryf hoe Moraes in 2021 met 'n opgestopte pop genaamd Marcelo getroud is, wat haar ma blykbaar vir haar gemaak het nadat sy haar dogter se stryd as 'n enkellopende vrou ter harte geneem het.
Hoewel 'n pop waarskynlik 'n bevredigende oplossing is nie, het die bruilof plaasgevind met 'n groep gaste teenwoordig. Die huwelik het selfs ''n kind" - Marcelinho, en ja, reg geraai, ook 'n pop - opgelewer. Dit het gelyk of alles vlot vir die paartjie verloop - tot Marcelo se beweerde ontrouheid.
Moraes het glo van 'n vriend van Marcelo se ontroue optrede verneem. Die vriend het glo gesien hoe hy saam met 'n ander vrou 'n hotelkamer binnegaan - boonop terwyl Moraes besig was om haar siek seun in die hospitaal te versorg.
Moraes beweer dat as nie vir haar familie se ondersteuning was nie, was die huwelik reeds verby.
Moraes gesels oor haar eiesoortige lewe op haar TikTok-rekening, en hoewel dit vreemd voorkom, blyk dit asof dit vir haar die ware werklikheid is. (Miskien moet Marcelo padgee terwyl hy nog kan). Lees meer hier.
