On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Bruidegom spring by troue uit doodskis

───   15:45 Tue, 22 Nov 2022

Weird Wide Web: Bruidegom spring by troue uit doodskis | News Article
Photo: TikTok

'n Bruidegom wat by sy troue in 'n doodskis, gedra deur sy vriende, aangekom het, het dalk die idee van "tot die dood ons skei", te ver gevat. Hy is op sosiale media gekritiseer vir sy "onsensitiewe daad".

Die morbiede truuk is deur 'n huweliksgas verfilm voordat dit op TikTok en daarna op YouTube geplaas is, waar dit hewige kritiek ontlok het. 

"Is hierdie ’n begrafnis? Nee, dit is hoe my vriend besluit het om in die paadjie af te stap,” het TikToker @tobz88 die insetsel beskryf.

Beeldmateriaal wys hoe 'n lykswa by die buitelugtroue aankom, waarna 'n kis deur ses mans en vroue aangedra word. Van die gaste lyk verward oor die teenwoordigheid van die kis en daar word bespiegel of daar 'n lyk binne versteek is. 

Groot is die verrassing toe die bruidegom voor die kansel uit die kis spring. Internetgebruikers wat die video gade geslaan het, was egter nie beïndruk deur die poets nie en het dit as "oneerbiedig" bestempel. 

"Ek sou die troue kanselleer," het 'n ander verklaar, en "beslis 'n goeie rede vir 'n egskeiding is," het nog een opgemerk. 

Dit is nie duidelik hoe die bruid op haar toekomstige man se poets gereageer het, en of sy enige rol in die beplanningsproses gespeel het. Lees meer hier.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.