Offbeat
Weird Wide Web: Vrou reksprong 23 keer in een uur─── 15:09 Thu, 24 Nov 2022

Daar is adrenalienverslaafdes, en dan is daar Linda Potgieter, die 50-jarige wat 23 keer binne 'n uur gerekspring het.
Op 15 Augustus 2022 het Potgieter 23 keer in net minder as 'n uur van die Bloukransbrug afgespring en daarmee die vorige rekord van 19 spronge verbeter. Dit is deur Veronica Dean, ook 'n Suid-Afrikaner, in 2003 by dieselfde brug opgestel.
Die brug, Suid-Afrika se hoogste, is 216m bo die Bloukransrivier geleë. Potgieter het vir News24 gesê dat sy die idee om ’n rekord op te stel, gekry het nadat sy oor Dean se prestasie aanlyn gelees het. Potgieter het haar op Facebook gekontak en die twee het oor Dean se rekord gesels.
Potgieter, reeds 'n kranige rekspronger, het reeds in 2020 vir haar wêreldrekordpoging begin voorberei en met verskillende afrigters geoefen.
Sy het gehoop om die rekord op haar 50ste verjaardag, 10 Mei 2022, op te stel. Sy was egter nog nie gereed nie en het eerder nog drie maande daarvoor geoefen.
Elke sprong het sowat twee minute en 30 sekondes geneem. Haar haar lyf het rondom die 13de sprong begin moeg voel maar sy het aangehou.
“Ek het nog nooit so iets gesien nie,” het Sofia Greenacre, 'n beoordelaar van Guinness-wêreldrekords, wat reken dat Potgieter se rekord “baie moeilik sal wees om te klop”.
Lees meer hier.